Reik verder as die sterre
Edward Ndopu daag mense uit om ‘n lewe na te jaag wat verby beperkings strek.
ont face="Verdana" >
JANA-MARI SMITH – Hy sal die eerste rolstoelgebonde mens in die ruimte wees.
Dié ambisieuse oogmerk van die Namibies-gebore Edward Ndopu strook met sy dapper en optimistiese ywer om die samelewing se siening van rolspelers op sy kop te dop en te oordink. Om wyer te kyk wat die menslike aard betref.
“Ons moet erken die mensdom gaan heel moontlik deur die weerloosste segmente van die samelewing gered word,” het hy in ‘n onlangse onderhoud aan Republikein se susterskoerant Namibian Sun gesê.
Die verdruktes, gestigmatiseerdes en gemarginaliseerdes “gaan die samelewing se baan verander”, sê hy.
“Dit gaan die mense wees wat met uitsluiting moet saamleef, wat ontburger is, teen wie gediskrimineer is – húlle is die beste toegerus om leierskap en visie vir die planeet en die samelewing te bied.”
“Ons doen nie die ontburgerde segment ‘n guns deur hulle ‘n plek aan die tafel toe te laat nie. Inteendeel, ons moet dit in die samelewing se belang doen,” maan Ndopu, wat in die jaar van Namibië se onafhanklikwording gebore is.
Sy boodskap aan mense wat sukkel met verwagtinge en beperkings, spesifiek kinders met gestremdhede, is om “te droom van ‘n lewe wat verby beperkings strek. Jy is groter en meer omvangryk as die ruimte wat jy tans beset.”
STRYD OORWIN
Ndopu is in Windhoek gebore en op ‘n baie jong ouderdom met ‘n degenerasiesiekte, spinale spieratrofie (SMA), gediagnoseer.
Die dokters het sy doodsvonnis gevel en gesê hy sal nie ouer as vyf word nie.
Hy beplan tans sy 30ste verjaardagvieringe volgende jaar tussen die sterre as die eerste Namibiër en lyer aan ‘n erge degenerasiesiekte.
En wanneer hy in die ruimte aankom, sal hy ‘n televisieboodskap aan miljoene kykers op aarde stuur. ‘n Boodskap wat hy beskryf as sy “liefdesbrief aan die blywende krag van die menslike gees”.
Dié boodskap sal gevorm wees deur die struikelblokke wat hy as ‘n mens met gestremdhede moes oorkom, asook deur sy werk oor meer as ‘n dekade as aktivis en gevierde filantroop.
Die kern van sy boodskap is ‘n beroep dat die definisie van humaniteit uitgebrei word om alle groepe in te sluit, “wat onder meer geslag, seksualiteit, gestremdheid en geografiese diversiteit behels”. Ook dat die “stemme en persoonlike verhale geïnkorporeer word van almal wat voel dat die wêreld hulle nie ten volle na waarde ag nie”.
Die ruimtereis gaan nie oor avontuur of om nog ‘n hindernis te oorkom nie. Dit moet die mensdom se aandag trek deur ‘n kragtige, betekenisvolle stelling te maak dat ons anders moet dink en praat oor mense met gestremdhede, asook hoe ons hulle beskou, sê hy.
Sy reis na die sterre word deur die Verenigde Nasies (VN) ondersteun. Hy is ook een van die 17 wêreldwye VN-kampvegters vir die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) gestel vir 2030 wat onlangs deur die VN se sekretaris-generaal, mnr. António Guterres, aangewys is.
Ndopu is tans in gesprek met verskeie lugvaartmaatskappye en het ‘n eksklusiewe ooreenkoms met MTV aangegaan. Dié Amerikaanse betaaltelevisiekanaal gaan Ndopu se waterskeidingreis dokumenteer en uitsaai.
VERANDERING
“Die mensdom is in die middel van ‘n eksistensiële krisis. Ongeoorloofde ongelykheid, nasionalisme, geslagsongelykheid en strukturele geweld is die tekens hiervan. En die enigste manier om hierdie krisis te oorleef, is deur eksistensiële verset.”
Ndopu was onlangs die hoofspreker by die vyfde sitting van die Namibiese kinderparlement in die hoofstad.
Volgens hom is eksistensiële verset “‘n manier om met jou lewe die mensdom te bevorder, om in diens te wees van ‘n visie wat groter as jyself is”.
Ndopu is die eerste Afrikaan met ‘n degenerasiesiekte wat ‘n graad aan die vooraanstaande, 900 jaar oue Oxford-universiteit verwerf het – ‘n meestersgraad in openbare beleid.
Hy is ook benoem as een van die 200 mees invloedryke jong Suid-Afrikaners, en het saamgewerk met Amnestie Internasionaal in Johannesburg, waar hy gebaseer is. Vanjaar is hy na Rwanda genooi as ambassadeur vir inklusiewe opvoeding om ‘n organisasie te verteenwoordig wat ‘n Nobelprys gewen het.
BEWYS
‘n Diepliggende dringendheid is die basis van alles wat hy doen – wat spruit uit sy aanvanklike kort lewensverwagting.
“Ek word volgende jaar 30, dus het ek myself met 25 jaar oorleef. Ek het nog altyd met dringendheid geleef, die gedagte dat daar nie tyd is om te wag nie. Daar is nie tyd om ‘onbeduidend te speel’ nie. Daar is nie tyd om ‘soort van’ die daaglikse gang van die lewe aan te pak nie.
“Daar is dringendheid in my strewe na leierskap en die veranderinge wat ek in die wêreld wil sien.”
Hy sê dié dringendheid is ingewerk in die mandaat van die SDG’s om die driedubbele las van ongelykheid, werkloosheid en armoede aan te spreek. Dit is kritieke kwessies in Namibië en in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), sê Ndopu, en die horlosie tik aan na 2030.
Hoewel dit oorweldigend mag lyk, is sy lewensweg bewys “dat dit gedoen kan word. Ek leef ‘n lewe wat nie eintlik bedoel was om regtig te gebeur nie.”
Sy wens is dat sy lewe vir ander ‘n kompas kan wees, ‘n “verwysingspunt as voorbeeld van wat gedoen kan word”.
KOPSKUIWE
Ndopu sê ‘n paradigmaskuif en verandering in denkwyse is nodig om die onreg en uitdagings in die wêreld aan te spreek.
Dit sluit in die manier waarop die samelewing mense met gestremdhede en ander wat gemarginaliseer is, as “tweede beste” beskou.
“Mense met gestremdhede is nie net hul gestremdhede nie. Ons moet erken hulle is nie ‘n homogene groep nie. Hulle is ongelooflik uiteenlopend.”
Veral kinders moet toegelaat word om kinders te wees.
“Ons moet hulle ook die reg gee om hul nuuskierigheid uit te druk, die wêreld te verken soos kinders dit doen, met groot oë.”
Hy het ook ‘n boodskap vir diegene wat die toestande skep waarmee baie mense ‘n stryd het.
“Vir die samelewing en ons leiers wil ek sê die tyd het aangebreek om die volle menswees van elke mens te erken en na waarde te ag.”
Ndopu sê die las en klem word te dikwels geplaas op diegene wat uitgesluit word, pleks van aandag te gee aan mense wat toegerus is om situasies te verbeter. “Julle het die mag, asook sosiale kapitaal en voorreg. Julle het ‘n stem. Julle moet daardie stem gebruik, soos julle as leiers belas is om te doen. Kom ons verbeter dus die toestande; kom ons skep ‘n omgewing van moontlikhede.”
‘EK HET MY NAAM GESKRYF’
“Ek is my ma vir ewig diep dankbaar,” sê Ndopu oor die vrou wat hom en haar ander kinders as enkelma in Windhoek grootgemaak het
“Ek is vandag waar ek is omdat sy haar lewe opgeoffer en alles opgegee het om te verseker ek het toegang tot basiese onderwys.”
Hy was sewe toe hy vir sy ma gesê het hy wil skool toe gaan.
Sy het "in die hardloop die grond getref" en gesê sy sal alles moontlik doen om dit reg te kry, al was daar "bitter min skole wat in daardie stadium die risiko wou loop".
Die Primêre Skool Van Rhyn in Windhoek het uiteindelik “die risiko aanvaar en op my gewed”, al was dit “ongehoord dat ‘n erg gestremde kind in ‘n skool saam met ander kinders sonder gestremdhede kan wees”.
Op sy eerste skooldag is hy in ‘n klas vir kinders met spesiale behoeftes geplaas. Maar nadat hy sy naam geskryf het – wat geen ander kind kon doen nie - is hy na ‘n gewone klas oorgeplaas.
“Hulle het gesê ‘wat ons betref, is daar geen rede waarom jy van die ander geskei moet word nie. Jy is tot net soveel in staat as die gesonde kinders hier’.”
En die res is geskiedenis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie