Reis is weer toelaatbaar
Pres. Hage Geingob het die Covid-19-regulasies as volg aangepas:
1.Reisbeperkings word landwyd opgehef;
2.Openbare byeenkomste mag deur 50 mense bygewoon word, maar nie vir langer as 2 ure nie;
3.Die aandklokreël word aangepas en is nou van 22:00 tot 04:00;
4.Alle skole hervat aangesig tot aangesig onderrig op 4 Augustus;
5.Leerders vanaf graad 7 tot 12 keer voltyds terug skool toe;
6.Leerders in laer grade woon nie gelyktydig klasse by nie, maar op 'n rotasiegrondslag;
7.Drankverkope en beperkings bly dieselfde, buiten dat mense nou ook op Vrydae drank mag koop;
8.Alle restaurante mag weer aansit-etes bedien. Straatkosverkope mag ook plaasvind;
9.Gimnasiums en sportklubs bly toe;
10.Haar- en skoonheidsalonne is oop;
11.Binnens- en buitenshuise swembaddens en speelgronde is oop;
12.Beperkings op die getal mense in ‘n voertuie bly op die helfte van die voertuig se toelaatbare kapasiteit;
13.Maatreëls vir begrafnisse bly onveranderd;
14.Mense wat Namibië binnekom, se PCR-toetse mag nie ouer as 72 uur wees nie;
15.Mense met sertifikate wat toon hulle het van Covid-19 herstel, mag vir drie maande daarna die land binnekom sonder om getoets te word.
Die nuwe regulasies tree om middernag op 31 Julie in werking en geld tot middernag op 14 Augustus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie