Reisigers na SA moet Covid-dekking hê
Gesondheid
Ronelle Rademeyer – Een van die reëls wat sedert Donderdag met die heropening van die grens vir reisigers na Suid-Afrika geld, is om bewys te lewer van mediese dekking en/of reisversekering teen Covid-19.
Dié vereiste is om seker te maak mense kan hul mediese sorg bekostig indien hulle op besoek aan die buurland die virus opdoen en op eie koste geïsoleer of gehospitaliseer moet word.
Dié vereiste is bo en behalwe ’n gesertifiseerde toets wat toon die besoeker het nie die virus onder lede nie. Die toetsuitslag mag nie ouer as 72 uur wees nie.
Me. Uriah Jansen, Hollard se hoof van reisversekering in Suid-Afrika, sê drie van die vier oop mediese fondse in Namibië bied vir hul lede dié versekeraar se mediese dekking teen Covid-19 wanneer hulle na die buiteland reis. Dit is Namibia Medical Care (NMC), Nammed Medical Aid Fund en Renaissance Health Medical Aid Fund. Namibia Health Plan (NHP) maak van 'n ander versekeraar gebruik en bied soortgelyke dekking.
Mense wat nie aan ’n mediese fonds behoort nie, kan ook dié Covid-19-dekking uitneem wanneer hulle reis. Hulle is dan vir N$50 miljoen gedek pleks van die N$10 miljoen-dekking wat verskaf word as dit deur die mediese fonds beskikbaar gestel word.
Suid-Afrika het aangekondig besoekers sal ondanks ’n gesertifiseerde bewys dat hulle negatief vir Covid-19 getoets het, steeds by die lughawe of grenspos vir simptome van die virus geskandeer word.
Indien hulle simptome toon, sal hulle op eie koste in kwarantyn geplaas word.
Volgens Jansen dek beide dié polisse die versekerde persoon se Covid-19-toets indien die uitslag positief is. As die uitslag negatief is, moet die versekerde persoon dit self betaal.
“Indien die persoon gehospitaliseer moet word, dek die polis die koste. As die persoon net ligte simptome het, betaal die versekeraar vir tien dae se hotelverblyf sodat die versekerde persoon hom- of haarself kan isoleer. Die hotelbespreking word egter deur die versekeraar behartig. Die versekerde persoon moet daarom dadelik die versekeraar kontak wanneer hy of sy positief toets,” sê Jansen.
“As die reisversekering afsonderlik uitgeneem is en nie deel vorm van die mediese fonds se reisdekking nie, is daar bykomende voordele. Die versekeraar sal byvoorbeeld die vliegtuigkaartjie se koste aan die versekerde persoon terug betaal as hy of sy Covid-19 opgedoen het en nie hul bespreekte terugvlug kan haal nie, en ook betaal vir die repatriasiekoste later,” sê sy.
Jansen verduidelik verder mense ouer as 70 jaar en mense met onderliggende siektetoestande sal nie dié Covid-19-dekking kan uitneem nie – nie deur hul mediese fonds nie en ook nie as deel van ’n afsonderlike reispolis nie.
Diabete wie se siekte nie goed beheer word nie, mense met kardiovaskulêre en bloedsirkulasieprobleme en mense wat erg oorgewig is, sal afgekeur word.
“Ons sal mense se aansoeke egter individueel beoordeel om die risiko te bepaal,” sê sy.
Hoe lank die persoon in die buiteland gaan wees, word ook in ag geneem. “Hoe langer iemand in die buiteland is, hoe groter is die kans van blootstelling en gevolglik die risiko.”
Volgens mnr. Joern Wiedow, hoofbeampte van NHP, is daar geen uitsluitings op die Covid-19-reisdekking wat dié mediese fonds vir sy lede aanbied nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie