Reisjoernaal van formaat
Reisjoernaal van formaat

Reisjoernaal van formaat

Sanet Pearson
Net as ek begin vergeet van ander eksotiese lande, dan lees ek weer een van Pedro Vorster se artikels in Kollig.

Ek het nou al oor Kroasië geskryf, maar dit lyk my daar is nog baie van Kroasië waarvan ons nie weet nie.

Ek weet nie hoe lank Pedro daar rondgereis het nie, maar ek sal dit graag eendag self wil beleef.

En die foto’s wat hy geneem het, maak jou opgewonde oor die plekke wat hy besoek het. Ek sal my nou nie met Pedro vergelyk en myself as ’n deurwinterde en ervare reisiger beskryf nie, maar ek het al ’n paar lande, afgesien van Suid-Afrika, in my lewe besoek.

Ek glo in my hart is ek ’n deurwinterde reisiger, ek het nog net nie al my geleenthede benut of geleenthede geskep om nóg te reis nie. Ek is op my gelukkigste as ek ander lande en ander kulture kan beleef.

Ek dink ek hou van die onbekende, al lyk dit nie altyd so nie. Van my familie bly in Engeland en dit is vir hulle baie maklik om net “gou” Wallis, Skotland of nog erger, Frankryk of Italië, toe te gaan. Net vinnig op ’n vliegtuig of trein klim en “gou” vir ’n naweek êrens heen te gaan.

Ek hou baie daarvan om na hul foto’s te kyk en ek wens soms ons was saam met hulle daar. Ek dink hulle het al soveel plekke gesien, dit is niks nuuts vir hulle nie. Ek wil reis, maar ek wil dit nie as ’n gegewe aanvaar nie. Dit moet elke keer ’n avontuur wees. Iets om na uit te sien.

Ek het onlangs op my seun se aardbol gekyk en besef daar is soveel plekke in die wêreld om te verken. Dink maar net aan Noord- en Suid-Amerika, Europa en Asië. As iemand vir jou vandag sê jy kan kies waarheen jy nog wil reis, wat sal jou antwoord wees? Ek dink as iemand nou vir my sê hulle gee my N$50 000 om te reis waarheen ek wil, sal ek aan bomskok lei. Ek sal nie kan kies waarheen ek wil gaan nie. Daar is net té veel plekke wat nog verken moet word.

Kom ek gee die aardbol so ’n spin. Oukei, as ek nou móét kies, sal ek graag Pole, Lituae, Belarus, Letland, Oekraïne en Rusland wil besoek.

Jislaaik, ek het nie eers rêrig die aardbol gedraai nie. Ek besef nou eers watter aantrekkingskrag daardie lande vir my het.

Daardie lande se kulture, taal en gewoontes dink ek is baie ver van ons s’n af. Dit sal ’n belewenis wees om soontoe te gaan. Ek besef ook dat ek beslis meer as N$50 000 gaan nodig hê om dié droom ’n waarheid te maak. Maar wie het gesê ek kan nie droom nie? Drome word partykeer waar.

Gelukkige reise vir julle, waarheen julle ook al gaan. Miskien sien ek julle eendag by een van my gunstelingbestemmings.

Bon voyage!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!