Reisreëls vir swanger vroue
Volg dié basiese riglyne
Chanté Daries - Om te reis terwyl jy swanger is, kan nogal uitdagend wees. Jy wil nie jou kind se lewe in gevaar stel deur na plekke te reis waar daar vreemde siektes is, of te vlieg wanneer dit onveilig is nie.
Rapport Beleef het Fiona MacDuff, ’n suster by die Sandton-reiskliniek, gevra om ’n paar basiese riglyne te gee wat jy heel eerste moet oorweeg.
• Waarheen mag jy reis?
Sy sê party bestemmings is veiliger vir swanger vroue as ander.
“Die beste plekke is Engeland, Portugal, die grootste dele van Noord-Amerika en Australië. Dit is gebiede wat minder kwesbaar is vir siektes soos malaria en dengue-koors wat meer in die tropiese gebiede voorkom.”
• Watter bestemmings kan veral gevaarlik wees?
Eksotiese bestemmings is gewoonlik gevaarliker.
“In Suid-Amerika, Asië, die meeste lande in Afrika – veral lande op die ewenaar – is jy baie kwesbaar vir siektes. Veral malaria is ’n probleem. Tropiese eilande, soos die Karibiese eilande, het ook gewoonlik malaria en dengue-koors, wat deur muskiete oorgedra word.”
• Watter trimesters is die veiligste vir reis?
Dit verskil van vrou tot vrou en jy moet jou ginekoloog raadpleeg. ’n Goeie tyd vir reis is gewoonlik vandat jy 12 weke swanger is en totdat jy 34 weke swanger is.
Baie lugdienste laat nie vroue wat langer as 36 weke swanger is, toe om te vlieg nie. Neem al jou mediese dokumente saam met jou op reis.”
• Watter inentings en medikasie mag swanger vroue neem?
As jy swanger is, mag jy in die eerste trimester geen inentings kry nie.
“Geen lewende entstowwe – soos vir geelkoors en masels – mag enigsins gedurende swangerskap geneem word nie. Malariapille word ook nie aanbeveel nie. Maar daar is alternatiewe vir malariapille wat met ’n dokter of ginekoloog bespreek kan word.”
• Drie goeie wenke as jy op ’n vliegtuig reis
-Drink baie vloeistof om gehidreer te bly.
-Dra los klere en gemaklike skoene.
-Loop gereeld in die paadjie op en af om jou bloedsirkulasie te bevorder. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie