Rekenmeester se man as medepligtige aangekla
Rekenmeester se man as medepligtige aangekla

Rekenmeester se man as medepligtige aangekla

'n Getroude paartjie van Walvisbaai word met 'n bedrogsaak van N$11 miljoen verbind.
Andrew Poolman
Leandrea Louw op Walvisbaai



'n Rekenmeester wat na bewe­ring deur middel van gedokterde fakture van 'n plaaslike maatskappy in 'n N$11 miljoen-­bedrogsaak betrokke is, se eggenoot is ook in die strafsaak betrek.

Me. Beauty Haimbili het op 4 Febru­arie vir die eerste keer in Walvisbaai se landdroshof op 18 klagte van bedrog en alternatiewelik diefstal, asook 18 klagte van geldwassery en vervalsing verskyn.

Die misdaad is na bewering tussen 2016 en 2020 gepleeg terwyl ­Haimbili as rekenmeester by Lewcor in diens was. Sy word daarvan beskuldig dat sy geld van haar werkgewer ­verduister het deur haar eie bankrekening vir betalings aan te bied.

Die alternatiewe klag wat Haimbili in die gesig staar, is diefstal deur valse voorwendsels.

Die beskuldigde se man, mnr. Jalmari Haimbili, het Woensdag voor landdros Vicky Nicolaidis verskyn en borgtog van N$60 000 is toegestaan.

Die staatsaanklaer, me. Maggy ­Shiyagaya, het gesê hy word ­ingevolge artikel 157(1) van die Strafproseswet by sy vrou ingesluit.

Shiyagaya het aan die hof gesê die ondersoek na die saak is nog nie ­afgehandel nie.

“Die staat versoek daarom dat die saak tot 8 April vir verdere ondersoek uitgestel word.”

Beauty is op 1 Maart vanjaar op borgtog van N$60 000 vrygelaat. Albei die beskuldigdes het borgtog betaal.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Ikuyu, het Haimbili na bewering geld, wat vir Lewcor bedoel was, gesteel deur te versoek dat betalings van diensverskaffers ­inbetaal word in haar persoonlike rekeninge en dié van 'n skoonmaakdiens wat sy besit het, en nie in die maatskappy se rekening nie.

“Die verdagte het voorts fakture en kwotasies met haar persoonlike en besigheidsrekeningnommers by kliënte, veral in die Erongostreek, ingedien waarin hulle die geld moes betaal. As gevolg hiervan is N$11 miljoen in haar rekeninge inbetaal.”

Die Haimbili-egpaar word deur mnr. Ray Rukoro van ENS Africa Namibia verteenwoordig.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...