Rekenmeester wen sy appèlsaak teen PAAB
Die aanklagte teen Hashagen het gespruit uit 'n ondersoek na beweerde wanbestuur by Namfisa in 2009.
Mathias Haufiku
Die hooggeregshof het Donderdag 'n omstrede hoërhofuitspraak omgekeer in die guns van die geoktrooieerde rekenmeester, mnr. Hans Hashagen, se aansoek dat dissiplinêre aanklagte teen hom ongeldig verklaar moet word.
Hashagen is deur die Raad vir Openbare Rekenmeesters en Ouditeure (PAAB) van onetiese en onprofessionele gedrag aangekla nadat hy na bewering as hoof van 'n twyfelagtige forensiese ondersoek gedien het, wat gelei het tot die afdanking van die voormalige hoof van die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa), mnr. Rainer Ritter.
Hashagen het in 2017 'n aansoek by die hoërhof ingedien waarin hy die hof versoek het om die PAAB se besluit om hom voor 'n tugverhoor op ses aanklagte te daag, ter syde te stel.
Hashagen se versoek is van die hand gewys nadat regter Thomas Masuku beslis het dat sy poging om die dissiplinêre proses deur die hoërhof te laat hersien, voortydig was en hy nie interne prosesse binne die regulerende liggaam uitgeput het nie.
Hy het die hoërhofbeslissing in die hooggeregshof uitgedaag ná Masuku se uitspraak in 2019.
NIETIG VERKLAAR
In sy uitspraak het die land se hoogste hof in Hashagen se guns beslis deur die hoërhofbevel ter syde te stel en verder die PAAB se aanklagte teen Hashagen nietig te verklaar.
Die aanklagte spruit uit 'n ondersoek na beweerde wanbestuur by Namfisa in 2009 en Hashagen se gevolgtrekking dat tugstappe teen Ritter ingestel moet word.
Ritter het beweer hy word vervolg omdat hy aangedring het op verdere ondersoeke teen verskeie senior politieke figure wat na bewering deur middel van gebrekkige lenings by die vermiste geraamde N$660 miljoen van die staat se pensioenfonds (GIPF) betrokke was.
Ritter het ook beweer dat sommige Namfisa-werknemers by die toesmeer van die GIPF-ondersoek betrokke was.
Nadat hy weg is by Namfisa, hoofsaaklik as gevolg van Hashagen se bevindinge, het Ritter 'n klag teen Hashagen by die PAAB en die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (Ican) ingedien, waarin hy beweer Hashagen het belangrike inligting uit sy verslag weggelaat.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie