Rekord- vierde goud vir Leeuwinnen
Rekord- vierde goud vir Leeuwinnen

Rekord- vierde goud vir Leeuwinnen

Olimpiese Spele
Nederland se vroue-hokkiespan is Vrydag in Tokio vir ’n rekordtal vierde keer as kampioen by die Olimpiese Spele gekroon nadat hy Argentinië in ’n herontmoeting van 2012 se eindstryd met 3-1 geklop het.
Nederland is nou, soos België se mans, die wêreldkampioen én Olimpiese kampioen.
Nederland spog nou met altesaam nege medaljes op die Olimpiese Spele.
Dit was Argentinië se derde eindstryd. Hy het nou by vyf van die laaste ses Spele ’n medalje gewen.
Al vier Vrydag se doele, almal ná strafhoeke, is in die sewe minute voor rustyd aangeteken.
Drie agtereenvolgende doele in vyf minute het Nederland met 3-0 in die tweede kwart laat voorloop.
Caia van Maasakker was met die laaste twee daarvan in die kol.
Argentinië se Agustina Gorzelany het op die halfuur ook van ’n strafhoek ’n doel aangeteken, wat dit vier doele in die tydjie voor rustyd gemaak het.
Dit was Las Leonas se eerste en enigste strafhoek in die eerste helfte.
Die derde en vier kwart het toe geen verdere doele opgelewer nie.
Argentinië se besielende kaptein, Noël Barrionuevo, (37) het in haar vierde Spele gespeel. Sy het in 2008 in Beijing brons en in 2012 in Londen silwer gewen, maar goud was haar toe nie vanjaar beskore nie.
• Indië se vroue-hokkiespan kon hul mans nie vroeër nadoen om ook die bronsmedalje te wen nie.
Hulle het Vrydag van ’n agterstand van 0-2 teruggeveg in die uitspeelwedstryd teen Brittanje. Dit was 3-2 met rustyd en later 3-3 toe Brittanje, 2016 se kampioen, die wendoel behaal het met nog 12 minute oor.
Grace Balsdon was in die vierde en laaste kwart na ’n strafhoek in die kol om die Britte met 4-3 brons te laat wen. Dit was die eerste van altesaam sewe strafhoeke waarmee die wenspan welslae behaal het.
Die Britte het die groepwedstryd tussen die spanne vroeër met 4-1 gewen.
Indië het met die vorige Spele in Rio de Janeiro laaste geëindig en nou vierde.
– Netwerk24, olympics.com


FOTO’s
Nederland vier Caia van Maasakker se eerste van twee doele. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!