Rekordgetal kinders spring weg in FNB-resiese

Bergfietsry
Die FNB bergfietsliga vir skole het Vrydag die meeste kinders in enige byeenkoms in sy geskiedenis gehad, met die totaal van 195 seuns in meisies wat in ouderdomsgroepe vanaf onder 6 tot onder 18 meegeding het.

Die opwinding by Farm Windhoek in Kleine Kuppe het reeds vroeg begin, toe Ivor Chase (seuns o.8) en Julius Braun (seuns o.12) in naelresiese na die eindstreep betrokke was.

’n Nuwe byvoeging was ook die klas vir beginners, met ’n korter en minder veeleisende baan. Die FNB Skoleliga se baanroetes se lengte en tegniese moeilikheidsgraad word juis só opgestel om bergfietsryers aan te moedig, eerder as om hulle die skrik op die lyf te jaag.

Elzita Beukes, FNB se bestuurder vir kommunikasie, sê: “Ons is ekstaties oor die groei, want verlede jaar het ons gemiddeld 120 ryers per byeenkoms gehad.

“Ons is veral opgewonde oor die deelname van 27 kinders van PAY (Physically Active Youth) wat netjies uitgevat meegeding het in hul FNB- en PAY-kleure.”

Deelnemers en toeskouers het ’n fantastiese dag geniet en sien uit na die tweede byeenkoms in die reeks, wat op 23 April voorlê.

Die geelwortel aan die einde van die reeks is dat die topgeplaaste ryers per kategorie (o.14 en ouer) genooi kan word om in die Spur-finaal in Suid-Afrika te gaan meeding.

Die topdrie per kategorie was soos volg:

SEUNS ONDER 6

1 Hendré Badenhorst (Windhoek Affies)

2 Markus Pack (Kammis Kinderwelt)

3 Karl Jooste (Windhoek Gim)

MEISIES ONDER 6

1 Naita Mukete (WCA)

2 Milan Schutte (Windhoek Gim)

SEUNS ONDER 8

1 Ivor Chase (St. Georges)

2 Cody Heigan (Windhoek Gim)

3 Tristan van den Heuvel (St. Pauls)

MEISIES ONDER 8

1 Mienke de Beer (Windhoek Affies)

2 Kiana Brand (Pikkie Paradys)

3 Skylar Swanepoel (DHPS)

SEUNS ONDER 10

1 Micah Chase (St. Georges)

2 Christo Nell (Windhoek Gim)

3 Luke Coomer (St. Pauls)

MEISIES ONDER 10

1 Qara Volschenk (St. Pauls)

2 Lillian Kibble (Fowler House)

3 Danika de Beer (Windhoek Affies)

SEUNS ONDER 12

1 Julius Braun (DHPS)

2 Henry Chamberlain (St. Pauls)

3 Mike Baartman (Windhoek Gim

MEISIES ONDER 12

1 Anne Cramer (DHPS)

2 Xane Meyer (Windhoek Gim)

3 Nicole Surén (Windhoek Gim)

SEUNS ONDER 14

1 Roger Surén (Windhoek Gim)

2 Nathan Chase (St. Georges)

3 Marco Thiel (DHPS)

MEISIES ONDER 14

1 Delsia Janse van Vuuren (Windhoek Gim)

2 Kylie Dickerson (Windhoek Gim)

3 Rose-Marie Thiel (DHPS)

SEUNS ONDER 16

1 Daniel Hahn (St. Paul’s College)

2 Kevin Lowe (DHPS)

3 Adrian Key (DSW)

MEISIES ONDER 16

1 Ada Kahl (Windhoek Affies)

2 Lotte Beulker (DHPS)

3 Laura Engling (DHPS)

SEUNS ONDER 18

1 Bergran Jensen (Windhoek Gim)

2 Ethan L’Estrange (St. Georges College)

3 Anton Engling (DHPS)

MEISIES ONDER 18

1 Monique du Plessis (Tucsin)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!