Rekordgetal laat aansoeke by uniu2019s
Rekordgetal laat aansoeke by uniu2019s

Rekordgetal laat aansoeke by uni’s

Elaine Swanepoel - Die departement van hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika het vanjaar meer laat aansoeke vir universiteite gekry as ooit tevore. Weens beperkte plek sal egter net ’n handjievol studente nog aanvaar kan word vir die kursus van hul keuse.

Bykans 15 000 voornemende studente het die afgelope week op die departement se Cach-databasis geregistreer nadat hulle gehoor het hulle het die matriekeksamen geslaag.

Meer as 20 000 mense het per SMS by die departement navraag gedoen oor die sentrale aansoekplatform.

Dié platform probeer om jong mense te help wat nie plek in ’n instelling van hul keuse gekry het nie, of die matriekeksamen teen hul eie verwagting geslaag het en dus nou kwalifiseer vir tersiêre opleiding.

“Ons het meer aansoeke die afgelope week gekry as wat ons in die hele 2017 ontvang het,” sê Madikwe Mabotha, departementele woordvoerder.

Volgens die departement se syfers was die meeste laat aansoeke tot dusver vir instellings in Gauteng (5 165), KwaZulu-Natal (2 786) en die Oos-Kaap (1 893). Die gewildste kursusse waarvoor aansoek gedoen word, is onderwys (4 600), besigheidstudies (4 000) en gesondheidswetenskappe (3 400).

Daar is in totaal 150 000 plekke vir eerstejaars by Suid-Afrikaanse universiteite vir graad- en ander kursusse.

Sowat 153 000 matrieks het met vrystelling geslaag om vir ’n graad te studeer, 161 133 kan vir ’n diploma inskryf en 86 265 vir sertifikaatstudie.

Chaos verwag

Universiteite het hulle aanvanklik gestaal vir chaos op kampusse nadat die EFF voornemende studente aangemoedig het om by kampusse op te daag vir registrasie, al is hulle nie vir studie geregistreer nie.

Dit kom nadat pres. Jacob Zuma gratis onderwys belowe het aan studente wie se jaarlikse huishoudelike inkomste minder as R350?000 is.

Behalwe ’n stormloop by die Capricorn-kollege in Limpopo Donderdag, het die registrasie by die meeste instellings vlot verloop.

“Daar is eenvoudig nie meer plek aan die land se universiteite nie,” sê dr. Ahmed Bawa, hoof van Universiteite Suid-Afrika, wat die land se 26 openbare universiteite verteenwoordig.

Die Universiteit van die Witwatersrand het 56 901 aansoeke vir eerstejaars ontvang, maar het net plek vir 5?664 eerstejaarstudente.

Die Universiteit van Johannesburg het 115?000 aansoeke ontvang, maar het net plek vir 10 500 eerstejaars.

Akademia, Solidariteit se instelling van hoër onderwys, het nog plek en voornemende studente kan tot 19 Januarie hier aansoek doen.

Mabotha sê die Cach-platform sal tot einde Februarie aansoeke aanvaar en voornemende studente sal in Maart hoor of hul aansoeke suksesvol was. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!