Rekordgetal verras organiseerders

Gholf
Organiseerders het ’n gesonde getal inskrywings vir laas Saterdag se Independence Day Celebration-gholfkampioenskap by die Windhoek Buiteklub se baan verwag. ’n Rekordgetal van 72 spelers het uiteindelik aangetree vir die toernooi wat deur Bank Windhoek geborg is. Dit is ook die meeste spelers nóg vanjaar by enige toernooi wat by die klub aangebied is.

Die formaat was in ’n stableford spankompetisie en die uitslae was soos volg:

1 Joseph Martin en Jonas Katti (46, wenners op uittel)

2 Danville Strauss en Hein Franken (46)

3 Bertus Damon en George Gariseb (46)

4 Tangeni Mupupa en Ignatius Shilinge (45)

5 Willie Triegaardt en Gustav Jung (43, op uittel)

6 Edwin Kutara en Johannes Mungolo (43)

7 Gerbie van Wyk en Boris Erasmus (43)

8 Gustav Fransman en Aggie Dodds (42, op uittel)

9 Wessel Louw en Natasha Louw (42)

10 Tuhafeni Shinedima en Hileni Sheenuka (41, op uittel)

Drie pryse vir die houe naaste aan die pen was ook op die spel en is deur Cor Beuke, Des van Heerden en Leevi Tshoopara ingepalm. Vier gelukspryse is ook oorhandig wat deur Paul Adkins van Truck & Cab op die spel geplaas was.

Die klubkaptein het al die spelers vir hul oorweldigende ondersteuning bedank, asook Bank Windhoek se groot borgskap van pryse wat tot die goeie kopkoms bygedra het.

• Môre bied die klub sy derde en finale kwalifiserende toernooi vir die Internasionale Pare-reeks aan wat deur Windhoek Lager geborg word.

Die inskrywings vir die beterbal stableford kompetisie beloop N$30 en vir die International Parespel-deelname N$100 per speler.

Afslaantye is soos volg:

08:00 D. van der Merwe, G. Marais, A. Beukes, N. Swarts.

08:30 M. Kapewasha, W. Emvula, J. Chadyiwa.

09:30 I. Shilinge, M. Shoozi, C. Sachse, C. Lohmann.

11:30 E. Calitz, H. Franken, W. Louw, R. Carstens.

11:40 N. Louw, C. Robinson, G. Jung, C. van Lill.

11:50 F. Oosthuizen, J. Engelbrecht, I. Wood.

12:00 C. Jafta, G. Fransman, G. van Wyk, C. Abrahams.

12:10 W. Triegaardt, G. Vink, W. Singoro, T. Mupupa.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!