Rekordleu00eb Kavango-, Kunenerivier
Rekordleu00eb Kavango-, Kunenerivier

Rekordleë Kavango-, Kunenerivier

Twee noordelike riviere bevat tans die minste water in vyf jaar, terwyl die Zambezi plek-plek oorstroom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Terwyl waarskuwings oor vloede deurlopend oor die Zambezi- en laer Oranjerivier uitgereik word, meen ‘n kenner dit is kommerwekkend dat die vlakke van beide die Kavango- en Kunenerivier die laagste in vyf jaar is.

Me. Pauline Mufeti, hoof van hidrologie by die ministerie van landbou, water en bosbou se hidrologiese diens sê in beide die twee riviere se opvangsgebiede, wat in Angola is, het dit nie baie gereën nie.

Sy sê ook dat enigiets nog kan gebeur omdat die reënseisoen maar nou eers sy piek bereik en Maart en April steeds voorlê.

“Veral die Kunenerivier het verlede jaar só sterk geloop dat die Caluequedam se sluise toe talle kere oopgetrek moes word,” sê sy.

Mufeti sê terselfdertyd het dit die afgelope tyd báie in die noordooste gereën, met gelokaliseerde vloede wat in die Kavango-Oosstreek ervaar is. “Al die water neem tyd voor dit in die rivier sal afkom,” sê sy.

Mufeti voeg by dat bonormale reën steeds vir die res van die reënseisoen verwag word.

VERSLAG

Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens se vloedverslag van Maandag, het die Kunenerivier by Ruacana verlede jaar ‘n nuwe vyfjaar rekord-sterkte bereik toe daar teen die einde van Februarie meer as 2 000 m³ water per sekonde verbygevloei het.

Die naaste wat dié rivier ooit aan die rekord gekom het, was in 2018, toe dit in April en Mei digby 1 700 m³ gedraai het.

Die Kunenerivier het egter vanjaar op 22 Februarie teen net sowat 28,6 m³ per sekonde verby Ruacana gevloei en nog nie een maal sedert die aanvang van die reënseisoen die 250 m³-merk bereik nie.

Dit beteken ook die Ruacana hidrokragstasie verskaf tans nou slegs 140 MW elektrisiteit gedurende piektye, waar dit normaalweg tussen 35% en 40% van die land se elektrisiteit verskaf, deur 347 MW te voorsien.

Die 2018-’19-reënseisoen het ook baie min water aan die Kunenerivier besorg.

Intussen het die Kavangorivier Maandag 1,51 meter diep by Nkurenkuru gevloei, 3,97 m diep by Rundu en 3,09 m diep by Divundu. Volgens die vloedbulletin is dit beslis die laagste vir Maart in vyf jaar.

In Maart verlede jaar het dié rivier tussen 7 m en 8 m diep by Rundu gevloei. Tussen 2015 en 2020, was die rivier se laagste vlak nog bó 5 m in Maart.

Hierteenoor loop die Zambezirivier by Katima Mulilo tans 6,07 m diep – die sterkste in vyf jaar, met die laer Oranjerivier wat 2,36 m diep by Blouputs loop.
Waarskuwings dat gemeenskappe in die oostelike Zambezi-vloedvlaktes asook teen die laer Oranjerivier bedag op vloede moet wees, is opnuut uitgereik.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04%