Rekordprys vir slagos verstom
Terwyl beesveilingpryse tans ongekende hoogtes ná die droogte bereik, is 'n pragos van Figenfeld Farming vir N$39 000 verkoop.
Elvira Hattingh
“Ons het die som gemaak. Eintlik was dit die goedkoopste slagbees van die dag, as jy die uitslagpersentasie uitwerk.
“Dit is maar net die kopprys wat die mense verstom!”
Só vertel Chris Labuschagne van Waterberg Agri Trading, wat saam met sy broer Neels geskiedenis gemaak het toe hulle Donderdag 'n rekordprys van N$39 000 vir 'n slagos op 'n Blaauwberg-veiling op Otjiwarongo betaal het.
Die os van Figenfeld Farming het 998 kg geweeg en was 14 jaar oud.
Labuschagne sê vet beeste is tans besonder duur.
“Ons is die eienaars van Kilo 40 naby Otjiwarongo waar ons droëwors en biltong verkoop.
“Ons kort 'n bietjie vet bees. As jy uitwerk wat die os geslag kos, is dit nie sò rof nie,” het hy aan Republikein gesê.
Intussen sê Rian van Wyk, die os se verkoper, hy het 'n knop in die keel gekry omdat hy lief vir dié os was wat mak as 'n “melkkalfie” grootgemaak is.
“Dis chaos by ons; die mense maak my mal! Ek is nou 'n celebrity,” spot Van Wyk toe hy Vrydag met die koerant praat.
“Miskien moet ek volgende nog 'n groter os bring!”
Van Wyk is saam met sy broer Leon en 'n derde persoon, mnr. Tony da Costa, in 'n vennootskap in Figenfeld Farming betrokke.
Van Wyk sê die os is as kalfie op hul plaas gebore.
“Hy was vreeslik mak en het op ons skote gelê. Ons het hom maar grootgemaak. Ek het nog drie ander sulke mak osse, hulle is nog groter en nog ouer,” het hy vertel.
Hy sê die beeste is só mak, jy kan op hulle klim en sy kinders sit selfs op hulle.
Dié os het – nadat hy gespeen is – nie meer toegelaat dat hulle hom vryf of op hom klim nie.
“Boonop raak hulle oud, dan raak hul heupe seer, hulle begin kreupel loop en gaan agteruit. Hulle kom op 'n ouderdom wat jy hulle maar moet slag. Ek wil nie hê hy moet ly nie. Ek het besluit om hom te laat gaan,” het Van Wyk vertel.
Hy het die kopers gevra om die os mooi te hanteer en mooi te slag sodat hy nie ly nie.
“Die Labuschagnes het hom goed hanteer en spesiaal met 'n wa kom haal, eerder as om hom op 'n lorrie te laai,” vertel Van Wyk.
Op die veiling is altesaam 68 osse met 'n gemiddelde gewig van 452,74 kg teen gemiddeld N$33,89 per kg, of gemiddeld N$15 343 per kop verkoop. In totaal was 1 201 beeste, 122 bokke en 126 skape op aanbod.
By die veiling is 'n groep van 12 tollies en verse onder 130 kg vir 'n uitstekende gemiddelde prys van N$55,14 per kg verkoop, terwyl tollies onder 200 kg 'n gemiddelde prys van N$48,17 behaal het. Vir dié groep was die hoogste prys N$54,07 per kg.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie