Rekordpryse vir tollies, verse
Rekordpryse vir tollies, verse

Rekordpryse vir tollies, verse

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Veilingspryse vir tollies en verse het sedert die begin van die jaar rekordhoogtes bereik, met die duurste prys van N$47,37 per kg, wat op 8 Januarie tydens ’n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal is.

Tydens dié veiling is die duurste prys van N$45,50 per kg ook vir verse betaal, terwyl die gemiddelde prys vir alle beeste op die veiling N$31,31 was.

Mnr. Piet Schrader, eienaar van Blaauwberg Auctioneers, sê die afgelope Grootfontein-veiling het wéér die tendens gevolg.
Boonop was die aanbod op die veiling besonder sterk gewees, met beesgetalle van 1 881.

Schrader meen die rede vir die goeie pryse is omdat talle plase goeie reën ontvang het en dié boere beeste soek.

“Hulle soek hul kalwers so klein as moontlik,” het hy gesê.
Windhoek Livestock Auctioneers (WLA) se mede-eienaar, mnr. Johan Smith, sê hulle ervaar ook dat goeie pryse in sentrale dele van die land tans vir tollies onder 170 kg betaal word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer