Rekordtyd op Karibib word nou amptelik
Rekordtyd op Karibib word nou amptelik

Rekordtyd op Karibib word nou amptelik

Behalwe medaljes vir die eerste drie plekke, kan meer as N$54 000 se prysgeld die naweek in ses kategorieë losgedraf word.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die jaarlikse QKR Navachab Gold-halfmarathon van 21.1 kilometer sal Saterdag vir die sesde keer om 07:30 in Karibib by die Usab-sportveld wegspring.

Organiseerders het gister die kompetisie bekendgestel waar 'n nuwe belegger ook aangekondig is. Die uitdaging word in samewerking met QKR Namibië aangebied wat opnuut as hoofborg belê het.

Plaaslike besighede soos FNB Karibib, OK Foods Karibib, NamAGRA en die Karibib dorpsraad wys waar hul harte lê. Nammed met N$40 000 is die nuwe borg aan boord wat die byeenkoms se borgskap tot 'n groottotaal van N$112 000 aanstu.

Die kompetisie word deur Atletiek Namibië goedgekeur en menige hardebaard-langasem gebruik die kans om sy of haar fiksheid op te skerp.

Die huidige beste tyd staan op 1 uur 03 minute, maar dié word weens die onakkuraatheid van die meettoerusting in die verlede nie amptelik as 'n rekord erken nie.

'n Kaapse kontrakteur het vanjaar vir die eerste keer die 21.2 km roete met presisie bepaal en die tye wat Saterdag behaal word, sal dus vir die eerste keer amptelik in die rekordboeke aangeteken word.

Volgens mnr. Bethold Karumendu, sportbeampte van die Omaruru-streek, het 486 entoesiaste verlede jaar aan die gewilde uitstappie deelgeneem. Geen atlete van buite Namibië het sover ingeskryf nie, maar padvrate van Botswana en Zambië het wel navraag gedoen.

Mnr. Tuafi Shafombabi, woordvoerder van Navachab, sê die byeenkoms beteken baie vir die dorp en sy inwoners.

“Ons is trots om met die byeenkoms verbind te word. Navachab Gold glo 'n gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees en dit is die uitdaging wat aan delenemers gebied word.

“Dit is ook belangrik dat iets aan die dorpsgemeenskap teruggegee word deur byeenkomste soos dié hier aan te bied en te borg,” het Shafombabi by 'n vorige geleentheid gesê.

Mnr. George Botshiwe, besturende direkteur van Navachab Gold, sal vanjaar self vir die derde keer die 21.1 km afstand takel.

“Ons by Navachab Gold is werklik trots om die sesde byeenkoms as hoofborg aan te kondig. Ek gaan Saterdag die derde keer my drafskoene hier aantrek. Hopelik sal ons met die wegspring meer as 500 atlete daar hê.

“Oudpresident Nelson Mandela het een keer gesê, “Sport het die mag om die wêreld te verander. Sport het die mag soos geen ander entiteit om mense saam te snoer. Sport praat dieselfde taal wat almal verstaan. Sport gee hoop waar tevore net moedeloosheid was. Sport is kragtiger as enige regering om rasse-skanse af te breek.'

“Dit is met dieselfde geloof en dankbaarheid wat ons vanjaar opnuut hierdie geleentheid aanbied om mense bymekaar te bring wat dieselfde passie deel,” het Botshiwe gesê.

Karumendu sê Namibië se beste atlete gaan mekaar weereens die stryd aansê. Atlete vir die halfmarathon spring Saterdag om 07:30 by die Usab-sportveld in Karibib weg, waarna die pretstappers en -drawwers 15 minute later in die pad val.



VORIGE WENNERS

In 2016 het Kefas Kondjashili van Nampol die mansafdeling in 1 uur 6 minute 01 sekonde gewen, terwyl Leena Ekandjo by die vroue baas was, maar in 2017 het Suid-Afrikaners die plaaslike atlete se partytjie kom bederf.

Die nie-amptelike byeenkomsrekord staan op 1:03:01 wat in 2017 deur die talentvolle WP-atleet Joël Mmone van Suid-Afrika opgestel is. Tweede was Thabang Mosiaka van Noordwes-provinsie (1:03:02) met Lucky Mohale van Gauteng derde in 1:04:03.

In die vierde plek was Rainhold Tomas (1:04:04) die vinnigste Namibiese man oor die eindstreep, wat ook die beste vorige tyd deur Kondjashili in 2016 verbeter het. Lavinia Haitope (1:14:01) het met haar goue medalje by die vroue Namibië se vlag laat wapper.

Verlede jaar het Nampol-atlete die byeenkoms met skittervertonings totaal gedomineer. By die mans was Kondjashili eerste in 1:05:04 met Matheus Kadhingula tweede in 1:05:05 en Shakiaxwe Jeremia derde in 1:06:01.

Haitope verdedig haar vrouetitel suksesvol met 'n tyd van 1:16:05 (1:14:01 in 2017), terwyl Beata Naigambo en Leena Ekandjo onderskeidelik die tweede en derde posisie met 1:17:04 en 1:17:06 inneem.



PRYSGELD

Die algehele wenners by die senior mans en vroue (20 tot 39 jaar) sal elk N$7 000 ontvang. Atlete in die tweede (N$2 500), derde (N$1 500), vierde (N$1 000), vyfde (N$700), sesde (N$500) en sewende posisie (N$300) kry ook meevallertjies.

By die junior mans en vroue (16 tot 19 jaar) ontvang die goue medaljewenners N$2 000 elk. Tweede is N$1 000 werd, gevolg deur derde (N$700), vierde (N$500) en vyfde (N$300).

Vir die veterane mans en vroue (40 tot 49 jaar) wag N$2 000 vir die eerste plek, N$1 000 vir tweede en N$700 vir die bronsmedaljewenner.

Selfs die meesteratlete (50 en ouer) se medaljes sowel as kontant is vir die eerste drie plekke opsy gesit wat N$1 500, N$700 en N$500 beloop.

Vir die pretdrawwers en -stappers oor 5 km wag 'n lekker meevallertjie by die prysuitdeling. Die eerste plekke by die mans en vroue kry N$1 000 vir hul moeite, terwyl die voorskoolse wenners in die meisies- en seunsafdeling met N$300 bederf gaan word. Die eerste meisie en seun in die hoërskool-afdeling kry N$500.

Vanjaar sal dit ook die eerste keer wees dat die manlike en vroulike werknemer van Navachab Gold wat eerste oor die wenstreep draf, N$1 000 in die sak sal steek.

Atlete kan vanaf Vrydagmiddag tot middernag by die Ugab-sportveld registreer. Vir laatslapers is die registrasietafel Saterdag van 06:00 tot 07:00 oop. Geregistreerde atlete sal N$40 betaal om deel te neem en die pretstappers net N$20 vir seniors. Primêre en sekondêre leerlinge neem gratis deel.

Die direktoraat van sport verskaf vervoer aan atlete in verskeie streke wat aan die wedloop wil deelneem en atlete kan in Usakos in die jeugkoshuis oorslaap.

Inskrywings kan by verskeie klubs bekom word en ook by die Usab-gimnasium in Karibib opgetel word. Inskrywings kan elektronies van Bethold Karumendu ([email protected]) en Tuafi Shafombabi ([email protected]) aangevra word. Vir meer inligting kan die Omaruru-sportkantoor by 081 311 8489 gekontak word of Shafombabi is by 081 779 0042 beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.43 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.84 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 591.57/OZ UP +1.26% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.62% | Zinc US$ 2 937.80/T UP 1.06% | Brent Crude Oil US$ 74.98/BBP UP +2.72% | Platinum US$ 988.82/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.43 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.84 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 591.57/OZ UP +1.26% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.62% | Zinc US$ 2 937.80/T UP 1.06% | Brent Crude Oil US$ 74.98/BBP UP +2.72% | Platinum US$ 988.82/OZ UP +2.19%