Rekordtye opnuut in die visier
Swem
Die tweede kortbadgala van die Namibiese Amateur Swemunie word vandag en môre aangebied.
Die kompetisie in die kortbad word in ’n swembad van net 25 meter lank gehou en sal dus in die Dolphins swemklub se binnenshuise bad by Windhoek Hoërskool plaasvind.
Die klubs wat swemmers ingeskryf het, is Aqua Swimming & Fitness Club, Dolphins, Namib Swim Academy en Marlins
Die swemklubs van Oranjemund en Swakopmund neem ook in die gala deel, maar vanweë die groot afstande wat afgelê moet word, sal hulle in hul eie swembaddens in aksie wees.
’n Totaal van 123 swemmers het ingeskryf en sal in 592 individuele items deelneem.
Die eerste kortbadbyeenkoms vir die seisoen is op 9 en 10 Junie gehou, ook by Dolphins-klub se binnenshuise swembad. Dieselfde ses klubs het deelgeneem en die kompetisie was uiters geslaagd.
Altesame 161 swemmers het in 893 individuele items in die eerste byeenkoms deelgeneem. Daar was goeie getalle splinternuwe swemmers – insluitend 28 in die ouderdomsgroep onder agt. Twee swemmers in die meestersouderdomsklas het ook deelgeneem.
’n Goeie klompie Namibiese nasionale individuele kortbadrekords is verbeter, naamlik:
Oliver Durand (Dolphins), seuns 9-10 jaar, 200 meter individuele wisselslag 2:50,56 (’n verbetering met drie sekondes), asook in die 100 m individuele wisselslag 1:18,82.
Corné le Roux (Dolphins), seuns 15-16 jaar, 200 vlinderslag 2:11,03.
Heleni Stergiadis (Dolphins), meisies 13-14 jaar, 200 individuele wisselslag in 2:23,86 / 100 vryslag in 1:05,92 / 200 vryslag in 2:11,51 / 100 individuele wisselslag in 1:07,54.
Phillip Seidler (Dolphins), mans 19 jaar en ouer, 800 m vryslag 8:17,11.
Ronan Wantenaar (Namib Swim Academy), seuns 15-16 jaar, 200 individuele wisselslag 2:15,63; asook die 100 individuele wisselslag in 59,79.
Ellis de Jager (Dolphins), seuns 12 en jonger, 200 vryslag 2:08.66.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie