Rekordverkope vir appelprojek
Rekordverkope vir appelprojek

Rekordverkope vir appelprojek

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging (CAN), mnr. Rolf Hansen, was stomgeslaan oor die nuwe rekordbedrag van N$2,9 miljoen wat Bank Windhoek met sy jaarlikse appelprojek ingesamel het.

“Ek bewe eintlik. Die goedhartigheid van Namibiërs het my verstom," het Hansen tydens die oorhandiging gesê.

Volgens Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir kleinhandelbankwese, mnr. Chris Matthee, is alle departemente en personeellede van die bank uiters opgewonde oor die nuwe mylpaal wat met die projek bereik is.

Matthee het gesê die appelprojek is landwyd bekend as een van die maatskaplike verantwoordelikheidsprojekte wat die meeste geld insamel. Dit is volgens hom nie net U329; Bank Windhoek-projek nie, maar ''n projek vir Namibië.

“Hierdie bydrae wys ons as U329; groep vat hande in die stryd teen kanker,” het hy gesê.

Volgens Matthee is meer as 800 000 appels binne vier weke verkoop. Weens die sukses van die projek is voortdurende vernuwings nodig, soos die entrepreneursuitdaging wat twee jaar gelede van stapel gestuur is.

Takke van die bank en verskillende departemente neem aan hierdie uitdaging deel, waarvoor die bank wegspringkapitaal van N$4 500 voorskiet. Bank Windhoek se Omaruru-tak het die grootste bedrag van N$101 232 ingesamel.

Wat skole betref, was die Klouterskool in Windhoek in die preprimêre afdeling met gemiddelde verkope van 132 appels per leerling die wenner. Kindergarten West was tweede en Preprimêre Skool Kelkiewyn derde.

In die afdeling vir laerskole het die Deutsche Privatschule op Otavi met ''n gemiddeld van 635,33 appels per leerling die septer geswaai. Grootfontein se Deutsche Schulverein was tweede en Omaruru se Afrikaanse Primêre Skool derde

Die beste hoërskool was Grootfontein se Agri College met 11,26 appels per leerling, gevolg deur Mariental Gimnasium en Berg-op Akademie in onderskeidelik die tweede en derde plek.

Maerua SuperSpar het skryfbehoeftes aan die leerlinge geskenk wat die meeste appels verkoop het.

Fruits and Veg City het die appels teen kosprys voorsien, terwyl Nampost Couriers en FedEx verspreiding van die appels behartig het. RadioWave was die bank se publisiteitsvennoot en PricewaterhouseCoopers(PwC) het die uitslae van die kompetisie gratis geoudit. Jaylo Produksies het klank en beligting by projekgeleenthede behartig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!