Reu00eblings getref vir ontmoeting tussen Trump en Kim
Reu00eblings getref vir ontmoeting tussen Trump en Kim

Reëlings getref vir ontmoeting tussen Trump en Kim

Trump het Maandag aangekondig dat hy nie ’n noodtoestand wil afkondig nie.
Dit blyk dat Amerika en Noord-Korea hierdie week nog gaan vergader om ’n moontlike ontmoeting tussen pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, te finaliseer.

’n Suid-Koreaanse koerant het dié ontmoeting Dinsdag bevestig, terwyl die Withuis dit nog nie bevestig het nie.

Mike Pompeo, minister van buitelandse sake, en Kim Jong-tsjol, ’n senior amptenaar van Noord-Korea, sal heel moontlik môre of Vrydag vergader.

Hulle sal glo praat oor waar Trump en Kim vir ’n tweede keer gaan vergader nadat die twee leiers verlede jaar in Singapoer samesprekings gevoer het en Kim volle kernontwapening beloof het.

Trump het sekere veiligheidswaarborge verskaf en beloof dat sanksies verslap sal word namate die verhouding tussen die lande verbeter.

Die aanvanklike diplomatieke euforie is egter gevolg deur haakplekke tydens verdere onderhandelings wat deur Pompeo behartig is.

’n Withuis-amptenaar het egter by navraag gesê dat hulle nie enige vergaderings het om aan te kondig nie.

Suid-Korea se ambassadeur sê Amerika en Noord-Korea het weer kontak gemaak nadat Kim in sy Nuwejaarstoespraak gesê het dat hy bereid is om “enige tyd” met Trump te vergader.

VERWERP GRAHAM SE VOORSTEL

Verder het pres. Donald Trump van Amerika Maandag ’n bondgenoot in die Republikeinse party se voorstel dat hy die regering oopmaak, verwerp.

Senator Lindsey Graham, een van Trump se bondgenote, het Sondag ’n beroep op hom gedoen om die regering oop te maak sodat hulle met die Demokrate oor die grensmuur tussen Amerika en Mexiko kan vergader.

Trump het Maandag vir joernaliste buite die Withuis gesê hy het Graham se voorstel verwerp.

Graham het gesê Trump moet met die Demokrate vergader, waarna hy ’n nasionale noodtoestand kan aankondig indien daar dadels van hul bespreking kom.

Trump sal noodfondse kan gebruik om ’n grensmuur te bou indien hy ’n nasionale noodtoestand afkondig.

Trump het Maandag aangekondig dat hy nie ’n noodtoestand wil afkondig nie.

Die Amerikaanse regering is al sedert 22 Desember gedeeltelik gesluit.

Trump het die regering gesluit nadat die Demokrate geweier het om hom US$5,7 miljard vir ’n muur te gee.

MEXIKO-GRENS

Die Pentagon het ook Maandag aangekondig dat Amerikaanse weermaglede langer langs die grens tussen Amerika en Mexiko ontplooi sal word.

Patrick Shanahan, waarnemende minister van verdediging, het toestemming gegee dat weermaglede tot 30 September op die grens gaan diens doen.

Dit kom nadat die departement van binnelandse veiligheid ’n versoek daaroor by Shanahan ingedien het.

Daar is sowat 2 350 troepe op die grens ontplooi om die toestroming van onwettige immigrante uit veral Sentraal-Amerika te help beheer.

Dié ontplooiing is in November verlede jaar deur Jim Mattis, voormalige minister van verdediging, goedgekeur, en was geldig tot 31 Januarie.

Mattis het intussen bedank nadat hy en pres. Donald Trump koppe gestamp het.

Mattis en Trump het glo vasgesit nadat Trump aangekondig het dat hy Amerikaanse troepe uit Sirië gaan onttrek en aangevoer het die oorlog teen die Islamitiese Staat (IS) is gewonne.

Kritici, insluitend die Demokrate in die kongres en voormalige weermaglede, meen die ontplooiing van troepe op die grens met Mexiko word gedoen as ’n politieke foefie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!