Reu00ebls: Te min of te veel?
Reu00ebls: Te min of te veel?

Reëls: Te min of te veel?

Dani Booysen
Dani Booysen - 'n Baie algemene beginsel is opnuut ter sprake in die kommunikasie-owerheid (Cran) se gesprek met belanghebbendes oor die regulering van pos- en koerierdienste.

Beheer gaan altoos oor die noodsaak van reëls en hoeveel reëls nodig is om verantwoording af te dwing. Gewoonlik is minder beter as meer, en eenvoud beter as kompleksiteit.

By verlede week se openbare verhoor het verskeie betrokkenes in die bedrywe hul kommer oor oorregulering uitgespreek. Die teendeel – geen regulering – kan egter moeilik toegang tot dienste, verbruikersbeskerming en goeie diens verseker.

Nampost moet binne ses maande nadat die voorlopige regulasies van krag word vir 'n lisensie aansoek doen. Koeriers het 'n jaar se grasie.

Lisensies sal N$10 000 per jaar kos en volgens die konsep­reëls moet plaaslike pos en pakkies die volgende dag teen 13:00 afgelewer word. In 'n baie wyd uitgestrekte land kan laasgenoemde eis problematies wees.

Baie water moet nog in die see loop voor die afhandeling van hierdie proses. Oor 'n uitsaaikode vir radio en TV beding Cran ook al geruime tyd.

Cran kan bykomende, spesifieke diensstandaarde vir die poswese en koerierbedryf daarstel. Dit is 'n afsonderlike gesprek.

Namibiërs kan trots wees op die uitgebreide kans om insette in baie besluite te lewer. Benut die geleentheid.

Die goue middeweg is altyd balans.



So sê ander

13 Augustus 2018



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Die Amerikaanse Republikeinse Party het pas groot geskrik vir die uitslag van 'n tussenverkiesing in 'n kiesafdeling in Ohio.

Dié kiesafdeling was 35 jaar lank 'n veilige setel vir die Republikeine. In die tussenverkiesing het die Republikeine die setel weliswaar behou, maar hul meerderheid is drasties gesny tot 'n persentasiepunt van 0,9.

'n Beweging na links in tussenverkiesings is sedert 2016 waargeneem.

Die verwagting, gegrond op die laaste en vroeëre tussenverkiesings, is dat die Demokrate in November minstens die meerderheid in die huis van verteenwoordigers gaan behaal. As dit inderdaad so gebeur, beteken dit dat Trump se vermoë om sy populistiese agenda deur te voer aansienlik verklein word.

Dit bly gevaarlik om verkiesingsuitslae vir November al in Augustus te voorspel. Wat wel seker is, is dat Trump en die Republikeine se heerskappy in die gedrang is.• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!