Reën beskadig tente by Havana-projekskool
Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het.
Volgens die onderwysers wat anoniem wou bly, het die strukture van die tente omgeval.
Van die onderwysers het die tente weer opgeslaan en na ’n droër gedeelte van die terrein verskuif waarna die leerlinge verder onderrig kon word. Die skool huisves tans leerlinge van graad 8 tot 12.
Volgens die skoolhoof, mnr. Mweti Simasiku, het net die graad 8- en 9-leerlinge gister onderrig ontvang. Die droë gedeeltes wat oorgebly het, was volgens Simasiku te min om al die leerlinge te akkommodeer.
’n Skoolgebou word tans op die terrein gebou en volgens die onderwysers het die bouwerk reeds in 2015 begin en hulle hoop om teen die einde van die eerste semester die konstrukie te voltooi.
“Die toekoms lyk helder vir ons in terme van die nuwe skoolgebou,” sê Simasiku.
Die hoërskool het hulle kapasiteit bereik met 700 leerling tans en 26 onderwysers.
Volgens hom ervaar die skool ’n tekort aan skryfbehoeftes, skooluniforms en handboeke. Die skool benodig ook maskers, skoonmaakmiddels, matrasse en sonkragligte. Simasiku doen ’n beroep op die gemeenskap om te help waar hulle kan.
– [email protected]
FOTO’s Jeanette Diergaardt
Die konstruksie van die skoolgebou het volgens onderwysers reeds in 2015 begin.
Die tydelike tente het strukturele skade opgedoen tydens die onlangse reën in die hoofstad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie