Reën bring seën in Nuwejaar
Wydverspreide buie landswyd het die Nuwejaar vrolik vir Namibiërs ingewy. Dit volg nadat die tropiese storm Chalane weswaarts vanaf Mosambiek na Namibië inbeweeg het, wat tesame met die laedrukstelsel vanaf Angola 'n kombinasie van 'n oorvloed tropiese lug in Namibië gevorm het. 'n Weerwaak van die weerkantoor waarsku dat wydverspreide donderbuie vandag en môre in die streke van Hardap, Kavango-Oos en -Wes verwag word. Van links geniet Danelle van Wyk, Divan van Zyl en Hailey van Wyk gister die reën naby Hochfeld in die Okahandja-distrik. Foto Huipie van Wyk
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie