Reën en Oosweer op pad
Namibië se nuwe reënseisoen het skynbaar nou afgeskop met die meeste reën wat vandag nog kan val, hoewel enkele reënbuie nog tot Vrydag kan voorkom.
Elvira Hattingh
Swaar reën word vir vandag op plekke oor sentrale noordelike dele, die Kunene-, Erongo-, westelike Otjozondjupa- en Khomasstreek voorspel, terwyl Oosweer by die kus na verwagting van vandag af vir die res van die week sal posvat.
Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Richard Nashikaku, het gister gesê kusbewoners moet vir die res van die week warm tot baie warm weer verwag.
Dit kom nadat reën van die afgelope naweek af van Rundu en Oshakati tot by Rosh Pinah aangemeld is.
Nashikaku het verduidelik 'n afsny-laedrukstelsel oor die Atlantiese Oseaan, asook 'n sterk hoëdrukstelsel oos van Suid-Afrika, is verantwoordelik vir die reënerige weerstoestande oor die Namibiese binneland, wat na verwagting nader aan die einde van die week heeltemal kan opklaar.
“Teen Donderdag sal die laedrukstelsel noordwaarts beweeg. Terselfdertyd is die dominante hoëdrukstelsel besig om te verswak en verder ooswaarts na die Indiese Oseaan te beweeg.
“Dus kan geïsoleerde donderstorms teen Donderdag in die Noordweste verwag word, met die moontlikheid van enkele reënbuie in die Khomasstreek.
“Vrydag kan enkele reënbuie in die noordweste van die land voorkom. Geen reën word egter in die komende naweek verwag nie,” het Nashikaku gesê.
NUUS VERSPREI
Op Facebook se “Reën in Namibia”-groep het mnr. Johan Hoon gesê dit het gister 34 mm naby Gobabis gereën.
“Dit het deur die nag in Grootfontein gereën - heerlike sagte reën en dit reën nog steeds,” het me. Renate Heyman gister geskryf en Grootfontein Boerevereniging het gesê altesaam 17 mm is gisteroggend naby die dorp gemeet. Me. Magda Beukes het ook gesê dit was 'n heerlike nat oggend op Tsumeb.
Me. Madelyn Burger het gisteroggend gesê dit reën baie lekker tussen Rundu en Divundu en me. Katrina Uukongo het gesê dit is bewolk en reën op Oshakati.
Sondag het mnr. Sakaria Gumede Kandenge gesê dit reën in die Omuthiya-, Ondangwa- en Oshakati-omgewing.
Mnr. Bruno Feris skryf dit het gisteroggend op Rosh Pinah gereën en mee. Nadia Nel en Rykie Louw Junius het bevestig dat Keetmanshoop ook reën kry en lekker koel is. Mnr. James Pieters het van Sondag tot Maandagoggend altesaam 8 mm reën op Aranos gemeet.
FAKTORE WAT REËN BRING
Die weervoorspeller mnr. Mike Berridge verduidelik op die Facebook-blad “Weather Today - Southern Africa” die reënweer in Namibië word deur onder meer 'n antisikloon veroorsaak wat suid van die vasteland lê, asook 'n kouefront wat van Botswana na Namibië beweeg.
“Die groot antisikloon wat suid van die Afrika-vasteland geleë is, is besig om te verswak. Dit het egter steeds 'n sterk invloed op die reën en donderstorms wat tans in Namibië, asook die Noordwes-Kaap voorkom.
“'n Laedruktrog, wat hoog in die atmosfeer voorkom, strek die laedrukstelsel wat tans oor Namibië geleë is, effens verder oor die see uit. Dit lei daartoe dat vog verder wes- en suid oor die vasteland inbeweeg het.
“Verder beweeg 'n kouefront van Botswana na Namibië, wat reënvooruitsigte verbeter. Agter die front sal verspreide reënbuie na verwagting voorkom, terwyl dit donderbuie vooruit sal stoot – wat meestal in Namibië sal voorkom. Swaar reën kan na verwagting ook in die noordelike Kalahari of in die Gobabis-omgewing voorkom,” het hy geskryf.
WEERMODELLE VOORSPEL
Europese, Duitse, Kanadese en Amerikaanse weermodelle is dit eens Namibië behoort vandag nog reën te ontvang.
ReënvalSA voorspel Windhoek se kans op reën vandag en môre is bó 80%, terwyl Otjiwarongo môre die beste kans op reën môre het. Gobabis het vandag nog 63% kans op reën.
Oshakati en Opuwo se kanse op reën verbeter tot 59% môre, terwyl Rundu se kans op reën van 49% gister na 34% vandag daal.
Geen reënneerslae word op Katima Mulilo verwag nie.
Die kans op reën vir Mariental is vandag 63%. Keetmanshoop het 50% kans op reën vir vandag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie