Reu00ebn kom Weste toe
Reu00ebn kom Weste toe

Reën kom Weste toe

Elvira Hattingh
Wydverspreide donderbuie sal tydens die komende naweek oor die westelike helfte van die binneland voorkom.

Die Namibiese weerkantoor waarsku boonop dat reënbuie asook donderbuie oor die naweek oor die kusgebiede verwag word, terwyl daar ook ‘n moontlikheid op vloede is.

“Tref asseblief die nodige voorsorgmaatreëls,” het die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi gesê.

Volgens hom kan die onweer oor die westelike helfte van die binneland tot Dinsdag voortduur, wat welkome verligting vir dié droogtegeteisterde gebiede sal bring. Die reën word ook vir die dorre Kunenestreek voorspel.

Hy het weerkaarte verskaf waarvolgens daar Maandagnag swaar reën tussen Khorixas, Uis en Otjiwarongo verwag word, terwyl gebiede suidwes van Windhoek ook swaar reën teen Dinsdagnamiddag kan verwag.

Ligter reën word op Saterdag suid van Rundu en oos van Windhoek verwag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!