Reu00ebn kuier nog 'n ruk
Reu00ebn kuier nog 'n ruk

Reën kuier nog 'n ruk

Hoewel die reën na verwagting teen môre gaan afneem, behoort Namibiërs dit nog vir 'n paar dae te kan geniet.
Denver Kisting
Denver Kisting – Namibiërs het oor die naweek ‘n sug van verligting geslaak oor reënbuie wat in verskeie dele van die land uitgesak het.

Albertina Anderson, ‘n weervoorspeller verbonde aan die weerkantoor in Windhoek, het laat gistermiddag gesê die vooruitsigte vir die res van die week lyk ook goed.

Volgens die kantoor se amptelike reënsyfers het Aroab 21,5 mm tussen Saterdag 08:00 en gister 08:00 ontvang, terwyl op Mariental 18,2 mm en op Otjiwarongo 17,4 mm aangeteken is. Daar het 13,8 mm in die hoofstad geval.

Anderson het voorts gesê meer tropiese vog word vandag oor die binneland verwag wat ‘n goeie aanduiding van nog meer reën is.

Hoewel die reën na verwagting teen môre gaan afneem, behoort Namibiërs tot minstens die einde van vandeesweek te kan jubel.

Sosialemediaplatforms het oor die naweek uit hul nate gebars van foto’s wat die blye tyding verkondig: Dit het gereën.

Boere en stedelinge kon kwalik hul opgewondenheid verberg. ‘n Lid van die Facebook-groep Reën in Namibia vra: “Wat maak jy vir die bietjie reën wat jy gekry het om dankie te sê? Ek sit lekker sopbene op met dikmelk (omaere) en sê baie dankie, Here (Ndjambi).” Sy plasing is teen 15:00 gister 66 keer gedeel.

Chanel Wasserfall sê op die groep die Dieprivier het op hul plaas, Wasservallei, 100 km wes van Windhoek, afgekom.

Des Erasmus berig vloedwater in die Omarururivier het Saterdagoggend die eerste keer in die huidige reëseisoen die dorp se groot brug bereik. Die stroom het ‘n entjie wes van die brug afgeloop. Vir die gemeenskap wat droogtes en waternood ken, was die goeie nuus dat die stroom verby die punt gestoot het wat oos van die dorp die munisipaliteit se waterbron is. Nog troos was dat die rivierbedding nou nat is en dit die gang van ’n volgende vloed gladder gaan maak.

Presies dit het in die nagtelike ure van gisteroggend gebeur toe die rivier ‘n tweede keer afgekom het. Dié keer was dit sterker as Saterdagoggend met die vloedwater wat ook die hoeweboere wes van die dorp bereik het. Dit het ook die hoop op water laer af langs die rivier laat opvlam met die Omaruru wat ook die waterdraer van nedersettings soos Okombahe en Uis is.

Op Omaruru self was die weer die ganse naweek belowend vir reën, maar net ligte buitjies het uitgesak. Oos en noordoos van die dorp het swaar reën wel geval. “Ons plaasdamme is 80 persent vol,” het een van dié boere gisteroggend laat weet.

‘n Groep van Omaruru wat Saterdag aan ‘n byeenkoms op Uis gaan deelneem het, het teruggekeer met die nuus dat hulle Saterdagoggend en weer die aand tussen Kalkfeld en Uis oor die brug oor die Ugabrivier gery het. Elke keer was daar ‘n sterk stroom in die diep vallei.

Ligte reën het ook die naweek oor Karibib uitgesak, maar oos van die dorp was die neerslae swaar. Dit het gelei tot berigte van vloedwater in die bolope van die Kuisebrivier.

Op Usakos was dit gisteroggend steeds droog met nie ‘n aanduiding van ‘n druppel water in die droë bedding van die Kahnrivier nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!