Reën nog heel week verwag
Die reënbuie wat sedert die naweek oor groot dele van die land geval het, is skynbaar slegs die begin van nog goeie nuus.
Elvira Hattingh - Groot dele van die land kan nog vandeesweek tot in die Paasnaweek reën ontvang.
Terselfdertyd het drie damme, waaronder die Von Bach- en Swakoppoortdam, 'n invloei van water ná die naweek se reënbuie gehad.
Volgens die jongste NamWater-damverslag het die Swakoppoortdam se watervlak met bykans 3% tot by 38,6% gelig en bevat nou 24,484 Mm³ water, vergeleke met 'n week gelede se 35,8%. Die Von Bachdam is teen 58,7% ook voller as verlede week, toe dit op 57,9% gestaan het. Die Oanobdam het ook van 89,3% tot 91,2% gelig.
Die Namibiese weerkantoor se hoofvoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, sê vandag word matige tot swaar reën in die grootste dele van die land verwag, met uitsondering van die Suidweste asook die Zambezi-, Kavango- en Ohangwenastreek.
Môre word matige tot ligte reën steeds oor die grootste dele van die land verwag, behalwe in die Suidweste asook die Zambezi-, Kavango- en Ohangwenastreek.
Donderdag en Vrydag word ligte tot matige reën in die Noordweste asook sentrale en oostelike dele verwag. Terselfdertyd sal 'n koue front die Suide tref, met minimum temperature naby 10 °C. Maksimum temperature sal koel tot warm wees en tussen 24 en 27 °C wissel. Die koue front kan ook reën vir die Verre Suide bring, sê Kgobetsi. Vanaf Saterdag sal temperature in die Suide weer geleidelik styg.
Langtermynvoorspellings deur die Nasionale Sentrums vir Omgewingsvoorspelling dui ook aan dat die groter dele van die land tot Dinsdag 18 April goeie reënneerslae kan verwag, maar dat dié herfsreën weer daarna kan opdroog.
30 mm in 10 minute
Okahandja-inwoners het Sondag gesê dat hulle sowat 30 mm reën in 10 minute ontvang het, terwyl dit Sondagnag steeds gereën het. By Brakwater is sowat 100 mm reën oor die hele naweek gemeet, terwyl Windhoekers sê hulle het vanaf Sondag tot gisteroggend sowat 22 tot 28 mm reën ontvang.
Op Rehoboth en Elisenheim is Sondag onderskeidelik tot 50 mm reën gemeet, terwyl dit glo toe 48 mm by die Oanobdam gereën het. Plaaseienaars in die Khomas Hochland het tot 40 mm reën ontvang.
By Okonjima naby Otjiwarongo het dit vanaf Sondag tot gisteroggend 35 mm gereën, en gisteroggend is 32 mm op Outjo uit reënmeters gegooi. Verder is 22 mm reën in die Erongoberge gemeet. Die Khanrivier was Sondag ook weer in vloed en gisteroggend is 40 mm op Wilhelmstal gemeet, terwyl Usakos ook goeie reën gehad het en ander gesê het dit het oor die naweek van Walvisbaai af tot anderkant die Spitzkoppe gereën.
Sowat 20 mm het Sondagnag by die Hardapdam geval, terwyl 10 mm op Mariental geval het.
Volgens amptelike reënsyfers wat deur die Namibiese weerkantoor bygehou word, het Wanaheda in Windhoek op Saterdag 26 mm reën gekry, terwyl dit sowat 4 mm op Rundu gereën het en bykans 6 mm op Gobabis.
Vrydag het Tsumeb 50 mm reën gehad, gevolg deur Okongo en Omuthiya wat onderskeidelik 19 en 17 mm reën ontvang het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie