Reën raak skole in Kunene
Planne is onderweg om die Otjimuhaka-mobiele eenheid in die Epupa-kiesafdeling na hoër grond te verskuif, nadat twee van die skool se tente deur swaar neerslae in die Kunenestreek verspoel is. Volgens mnr. Abia Kambaekua is die graad 3 en 4-klasse verspoel. Sinkhuise wat as koshuisverblyf gebruik is, is egter nie deur die vloede geraak nie. Die Otjimuhaka-mobiele eenheid het 180 leerlinge, meestal uit gemarginaliseerde gemeenskappe soos Ovatue, Ovatjimba, San, Ovadhimba en Himba. Die Kunenestreek het meer as 80 mobiele skooleenhede. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie