Reën skep hoop
Die langdurige droogte wat Namibië sedert 2013 in 'n wurggreep het, se rug is nog nie geknak nie.
Tog het die goeie neerslae van die afgelope tyd die nasionale gemoed gelig en hoop gebring.
Daar is veral op sosiale media gejuig toe goeie neerslae voor die naweek ook op plekke in die droë weste van die land voorgekom het.
Weiveld in Namibië het egter 'n enorme knou gekry die afgelope jare. Op die grootste aantal plase was daar die laaste maande nie meer meerjarige graspolle te sien nie. Enersyds weens die droogte, maar ook deur onoordeelkundige beweiding en swaar bestokking.
Veeboere weet maar te goed dat dit nie gras reën nie. En as die grond so dors is soos nou, herstel die veld pynlik stadig.
Dit beteken selfs al duur die goeie neerslae voort en kry die land bogemiddeld baie reën, sal landboutoestande nie oornag terugkeer na wat dit vóór die droogte was nie. Veekuddes moet weer gebou word. Veilingspryse sal dus verder verbeter en verbruikers kan verwag om meer vir vleis te betaal.
Net soos wat die landbou nog vir 'n tyd lank gaan hinkepink, is Windhoek en sentraal-Namibië se waterkrisis allermins iets van die verlede. Die damme wat dié dele van water voorsien, se invloei was nog minimaal.
Dus moet waterverbruikers nie dink reën op die dak veroorloof vermorsing en onoordeelkundige gebruik nie.
Laat ons die reën geniet. Laat ons saam die jaar met 'n ligter tred binnegaan.
Elke Namibiër behoort ongeag die hoeveelheid reën wat ons hierdie seisoen kry, met water, weiding en ander hulpbronne om te gaan asof die volgende droogte reeds weer op loer lê.
Want dís die realiteit van hierdie land.
15 Januarie 2017
Meer skole: Dis nie baie moeilik nie
Te min nuwe skole word deur die staat gebou en nié in die eerste plek weens 'n tekort aan geld nie.
Veral Gauteng struikel: Verlede jaar was daar in dié provinsie vir 20 000 leerlinge nie plek op die skoolbanke nie. Vanjaar wag 40 000 leerlinge nog om geplaas te word. In die Wes-Kaap het 17 000 beginners nog nie plek nie. Gauteng en die Wes-Kaap is in 'n mate die slagoffers van hul eie sukses omdat so 'n groot persentasie van die land se voorste openbare skole daar geleë is.
Die ander provinsies – veral die Oos-Kaap, waar slegs 32% van 2014 se gr. 10's matriek geslaag het – vaar op baie gebiede só swak dat ouers agteroorbuig om hul kroos na beter openbare skole in Gauteng en die Wes-Kaap te stuur. Die gevolg van die versuim om genoeg nuwe skole te bou, is dat die topskole in die land onder onbehoorlike druk geplaas word om klasse verder te vergroot en jaar ná jaar nóg leerlinge in te neem. • Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie