Reu00ebn val wyd, mu00e9u00e9r op pad
Reu00ebn val wyd, mu00e9u00e9r op pad

Reën val wyd, méér op pad

Elvira Hattingh
Altesaam 81,5 mm reën is vanoggend om 08:00 op Halali in die Etosha Nasionale Park gemeet, terwyl Namutoni ook 41,5 mm reën ontvang het.

Die weerkantoor sê reënmeters op Khorixas het vroegoggend op 77,5 mm gestaan, terwyl dit ook 40 mm op Otavi, 37,8 mm op Outjo en 37,6 mm op Oshikango gereën het.

Die weerkantoor sê dit verwag boonop vir vandag wydverspreide donderbuie in die sentrale noordelike dele van die land, asook in die Erongo-, Otjozondjupa en Khomasstreek.

Verder is daar vanoggend 34,4 mm op die plaas Mopanie Pos, 28 mm op Omateva en 27,9 op Eenhana gemeet.

Op Grootfontein se lughawe het dit 24,8 mm gereën, op Oshakati 23,2 mm en by Hohenfelde 21 mm. By die Hosea Kutako Internasionale Lughawe het dit 20,6 mm gereën, op Okahandja 19,8 mm en 14 mm by die weerkantoor se hoofkwartier in Windhoek.

Op Rehoboth is 13,4 mm gemeet, op Okongo 11,4 mm en by die King Kauluma Village 10 mm.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!