Reën vir Kersfees
Die weertafel is gedek vir 'n vroeë Kersgeskenk in die vorm van neerslae vir die binneland.
Ronelle Rademeyer - Goeie reënneerslae word in die aanloop tot Kersfees vir die grootste deel van Namibië voorspel.
Die weerkantoor in Windhoek het ook gister ’n weerwaak uitgereik van swaar neerslae wat vandag oor dele van die sentrale Noorde en die ||Kharasstreek kan voorkom.
Mnr. Odilo Kgobetsi, hoofweervoorspeller in Namibië, sê dit gaan die volgende paar dae oor die hele binneland reën. “Met die uitsondering van die verre westelike dele van die land, kan die hele binneland vanaf die sentrale Noorde, die sentrale dele, die Suide en die Ooste van nou tot Sondag reën verwag.
Hy sê hoewel die reën op Oukersdag in die suide van die land sal begin opklaar, bly die vog behoue en kan dit nog oor die sentrale en noordelike dele reën.
Kgobetsi sê die weerdiens se modelle maak dit nie moontlik om nou al te sê of dit in die week tussen Kersfees en Nuwejaar ook gaan reën nie.
Volgens mnr. Johan van den Berg, klimatoloog by Santam Landbou in Suid-Afrika, is daar egter ’n goeie kans op goeie reënneerslae in die laaste week van Desember en die eerste week van Januarie.
Hy het aan Landbouweekblad gesê die reënvalvooruitsigte vir Namibië stem baie ooreen met dié vir die westelike en sentrale dele van Suid-Afrika, wat beteken ’n nat Kersfees en Nuwejaar lê voor.
JANUARIE TOT MEI
Intussen wys die aangepaste seisoenale vooruitskouing van die Suider-Afrikaanse Klimaatvooruitskouingsforum vir die Streek (Sarcof) dat normale tot bogemiddelde reënneerslae vanaf Januarie oor die grootste dele van Namibië kan voorkom.
Met die uitsondering van die verre westelike kusstrook van die land gaan dit volgens dié vooruitskouing tot Mei goed reën, met reënslae wat gemiddeld tot bogemiddeld sal meet.
Kassie:
MAANDAG SE NEERSLAE
Eenhana 44,9 mm
Rundu 30,3 mm
Okaukejo 25,5 mm
Oshakati 25,4 mm
Gobabis 22,0 mm
Outapi 17,4 mm
Oshikango 14,4 mm
Otjiwarongo 8,8 mm
Omuthiya 7,6 mm
Okahao 6,6 mm

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie