Reu00ebn vir naweek voorspel
Reu00ebn vir naweek voorspel

Reën vir naweek voorspel

Elvira Hattingh
Weervoorspeller Odillo Kgobetsi sê Namibiërs kan 'n nat naweek oor die grootste dele van die land verwag.

“'n Bietjie droë lug vestig tans oor die verre Suide en kan droë toestande van vandag af, tot môre en Sondag oor die //Kharasstreek veroorsaak. “Tog word swaar reën in plekke soos die Kunene-, Kavango-, Omaheke- en Zambezistreek van vandag af verwag.

“Reënweer oor die Hardap-, //Kharas, Khomas en Omahekestreek sal van Maandag af opklaar. Elders word enkele donderbuie verwag,” het Kgobetsi gesê.

Terselfdertyd dui die Namibiese weerkantoor se jongste reënverslag daarop dat Keetmanshoop 13,4 mm op Woensdag ontvang het. Karasburg, Khorixas en Aroab het elk sowat 5 mm ontvang.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer