Reënbooghare vir siek kinders

Die finaliste van ’n skoonheidskompetisie beplan ’n fondsinsameling in Windhoek vir kinders en troeteldiere.
Tanja Bause
Tanja Bause - ’n Twaalfjarige van die hoofstad met ’n groot hart het groot planne om geld vir liefdadigheid in te samel.

Lelita Esterhuizen (12) van Windhoek is ’n finalis in die Toddler & Tween of the World 2019-kompetisie wat in Klerksdorp in Suid-Afrika plaasvind.

“Ek en my maatjies beplan om op 7 September ’n Unicorn Spray-a-Thon by die Grove-winkelsentrum in Windhoek te hou. Al die geld wat ons op die dag insamel, gaan aan drie projekte geskenk word,” sê sy.

Lulu van Rhyn (7), ook ’n finalis in die kompetisie, was onmiddellik by die fondsinsamelingprojek betrokke omdat haar sussie Mia een van die begunstigdes is.

Lulu en Lelita het in die verlede al saamgespan om verskeie fondsinsamelings te hou, asook ’n veldtog vir die bewusmaking van outisme.

Mia van Rhyn (3) is met hidrokefalie gebore. Sy het binnekort ’n afspraak by ’n spesialis wat stamselbehandeling doen. Dié behandeling kan haar kans op ’n normale lewe wees.

“Die uitslae is baie goed en ons bid almal dit sal goed afloop. Die behandeling is baie duur en die meisies wil iets vir Mia doen. Altesaam 40% van al die geld wat met die Spray-a-Thon ingesamel word, sal vir Mia se behandeling wees,” sê me. Denita Rossouw, Lelita se ma.

’n Verdere 40% sal aan Christiaan Klopper (6) geskenk word.

Christiaan is die outistiese seun van ’n enkelma.

“In April het die meisies baie bewusmaking vir outisme geskep en daardeur het hulle baie van outisme geleer. Lelita het ’n maand lank daagliks inligting oor outisme op haar Facebook-bladsy geplaas. Christiaan se ma het ’n foto van hom gestuur vir die outisme-bewustheidsdag, waarop blou gedra word,” het Rossouw gesê.

Lelita het meer oor Christiaan uitgevind en ontdek sy ma is ’n enkelouer is wat swoeg om haar seun die beste kans op ’n normale lewe te gee.

“Die geld wat ingesamel word, sal vir Christiaan se spraakterapie en skoolfonds aangewend word.

“Sowat 20% van die ingesamelde fondse sal natuurlik vir Have-a-Heart (’n niewinsgewende organisasie wat minderbevoorregtes se katte en honde gratis steriliseer) op Rundu gaan. Dit is die projek waarmee Lelita oorspronklik haar liefdadigheid begin het. Die organisasie lê haar baie na aan die hart en sal altyd by fondsinsamelings baat,” het Rossouw gesê.

“Ons wil graag hê al die finaliste van Toddler & Tween moet by die fondsinsameling betrokke raak, en tot dusver staan Laliq Cat Adams loshande bo almal uit met die talle blikkies haarsproei wat sy al ingesamel het.

“Om van die fondsinsameling ’n sukses te maak, het die meisies nog ’n bietjie hulp nodig. Hulle benodig nog blikkies kleurvolle haarsproei, blinkers en gesigverf.

“Ons is ook dankbaar vir elke besoeker wat op die dag by die Grove hul gesigte sal laat verf of hul hare vir die goeie doel sal laat spuit.”

Vir meer inligting, kontak mee. Denita Rossouw by 081 882 3777 of Franci van Rhyn by 081 332 1065.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!