Reënboogveters teen kanker
Tekkiedag, wat 'n week van nasionale kankerbewusmaking afskop, vind vanjaar op 2 Augustus plaas. Die bewusmakingsweek vind van 5 tot 9 Augustus plaas en vanjaar val die fokus op kinderkanker. Kleurvolle skoenveters kan teen N$30 gekoop word, asook Tekkiedag-plakkers teen N$20. Op die plakkers staan “Trek jou tekkies skool of werk toe aan op Vrydag 2 Augustus 2019”. Die opbrengste hiervan is ten bate van die Namibiese kankervereniging (CAN). Tekkiedag word met 'n laventelkleurige lint vir bewusmaking van alle soorte kankers aangedui. Skoenveters en plakkers kan by CAN-kantore in Windhoek en op Swakopmund gekoop word. Me. Renay Coetzee kan vir grootmaataankope by (061) 237 740 gekontak word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie