Renosterhelde beloon
Renosterhelde beloon

Renosterhelde beloon

Vier mans het gehelp om renosterstropery op 'n plaas af te weer.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Vier plaaswerkers het 'n beloning van N$10 000 elk van Namibian Breweries Limited (NBL) en Help our Rhino Now Namibia (HoRN.nam) ontvang nadat hulle 'n poging om renosters te stroop afgeweer het.

"Die voorval het oor Paasnaweek plaasgevind toe die vier plaaswerkers gehelp het om drie verdagtes agter tralies te kry wat gepoog het om renosters op 'n plaas te stroop," het mnr. Fritz Kaufmann, direkteur van Intelligence Support Against Poaching (Isap), Woensdag in Windhoek gesê.

"Die vier plaaswerkers se optrede het daartoe gelei dat die drie verdagtes in hegtenis geneem is en renosterstropery voorkom is. Die bewyse van die toerusting wat die verdagtes by hulle gehad het, soos 'n geweer, byl en selfs foelie wat gebruik word om die horings in toe te draai, dui daarop dat die verdagtes van plan was om 'n renoster(s) te stroop," het Kaufmann gesê.

"Ons beskerm die identiteit van die plaaswerkers, asook die ligging van die plaas om renosterstropery te verhoed. Die voorkoming van stropery weeg baie swaarder as 'n renoster se dood. Die vier plaaswerkers het verseker gekeer dat een van ons renosters gekwes of dood is."

Kaufmann het gesê NBL en HoRN.nam het elk N$20 000 tot die beloning bygedra.

"Voorheen is belonings slegs uitgereik vir die skuldigbevinding en vonnisoplegging van renosterstropers. NBL en HoRN.nam het egter die individue beloon wat inligting verskaf het oor mense wat deel is van renosterstropery, renosterhorings in hul besit het of deel is van 'n horingsmokkel-sindikaat," het Kaufmann gesê.

Mnr. Jaco Muller, voorsitter van Horn.Nam, wat uit private eienaars van witrenosters bestaan, asook bewaarders van die regering se swartrenosters onder die bewaringskapmodel, sê in die toekoms sal dié organisasie weer belonings uitreik aan enigiemand wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisname van stropers lei.

"Ons wil hê elke Namibiër moet weet die beloning en die wete dat iets goeds gedoen is, is baie beter as die beloning wat misdaadsindikate belowe," het Muller gesê.

Me. Rene Duffy, NBL se bemarkingsbestuurder, het gesê Windhoek Lager het reeds twee jaar gelede tydens die Blow the Horn on Rhino Poaching-veldtog N$1 miljoen as beloning uitgereik aan enigiemand wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisname van stropers lei.

Voorts het NBL die afgelope drie jaar Isap met 'n jaarlikse borgskap van N$100 000 en 'n vliegtuig ondersteun om stropery vas te vat.

"As 'n trots Namibiese maatskappy wat toegewy is aan ons pragtige land en sy natuurerfenis se toekoms, sal NBL bly verseker dat Namibië en sy beeldskone, unieke omgewing vir geslagte bewaar word," het Duffy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!