Renosterhoring, ivoor op Swakop-plot gevind
Renosterhoring, ivoor op Swakop-plot gevind

Renosterhoring, ivoor op Swakop-plot gevind

Francoise Steynberg
‘n Bejaarde man is gister by die Swakopmundrivier-plotte glo met ‘n ou renosterhoring en vyf stukke olifanttande in sy besit vasgetrek.


Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag volg die inhegtenisneming van die 69-jarige man nadat die volgende ander items ná ‘n soektog glo in sy besit gevind is: 27 patrone van ‘n .308-geweer, twee patrone van ‘n R1- outomatiese aanvalsgeweer en 33 patrone van ‘n .22-vuurwapen.

Die verdagte sal môre in die Swakopmund-landdroshof verskyn.

Foto ter illustrasie uit die argief

Kommentaar

Republikein 2025-04-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer