Renosterkoei voorheen ook stropers se teiken
Die dragtige dier se karkas is in die veld agtergelaat ná ’n tweede aanslag.
Des Erasmus - Dit was die tweede keer dat ‘n witrenosterkoei vir haar horing op ’n wildplaas tussen Omaruru en Kalkfeld deur stropers geteiken is. In die eerste aanslag verlede jaar is die spogdier gekwes en op wonderbaarlike wyse deur bewaringsinstansies deurgehaal. Voorverlede week was dit die einde toe weer toegeslaan is, die koei doodgeskiet is, haar horing verwyder is en die karkas van die hoogdragtige dier in die veld laat lê is.
Dié inligting is deur betrokkenes op die gebied van bewaring aan Republikein verstrek ná die inhegtenisneming van vyf beweerde stropers kort voor hul eerste verskyning Vrydag in die landdroshof op Omaruru. Getuienis is nie aangebied nie en die saak is uitgestel met al vyf mans wat in aanhouding bly.
Die inhegtenisnemings is Dinsdagaand en vroeg Woensdagoggend op Otjiwarongo uitgevoer.
Onder die aangehoudenes is ‘n beweerde lid van die Namibiese lugmag en ‘n voormalige soldaat van Walvisbaai.
Op laasgenoemde se identiteitsdokument word hy steeds as lid van die weermag aangedui.
In verlede jaar se aanval deur stropers is die koei gekwes. ‘n Helikopter is onder meer gebruik om haar op te spoor en daarna het veeartse haar wonde behandel en is sy deurgehaal.
Tydens die inhegtenisnemings op Otjiwarongo is beslag gelê op geld wat blykbaar reeds vir die horing betaal is, maar dit is nie bekend of dit die volle bedrag is nie. Die horing was glo reeds in besit van ‘n oorsese koper - glo ‘n man van Oosterse herkoms.
Die ondersoek gaan voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie