Renosters kry hupstoot

Ná die vertoning van die eg Namibiese kortfilm oor renosterstropery, Baxu and the Giants, het drie organisasies N$11 000 aan die Save the Rhino Trust (SRT) Namibia geskenk.

Die Namibian Scientific Society (NSS), die Namibia Environment and Wildlife Society (News) en die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) Alumni-vereniging het op 26 September ’n openbare vertoning van Baxu and the Giants gehou en die opbrengste van die aand op 8 Oktober aan me. Maxi Louis, voorsitter van die SRT-direksie op Dinsdag 8 Oktober by die DHPS oorhandig.

“Die organiseerders en besoekers was verheug oor die groot gehoor wat die storie van renosterstropery deur die oë van die negejarige Baxu ervaar het. Veral die jong aktrise Camilla Jo-ann Daries was die aand in die kollig saam met die regiseur en medeskrywer Florian Schott, medeskrywer en medevervaardiger Girley Jazama en vervaardiger Andrew Botelle," lui ’n mediaverklaring van die DHPS.

“Ek het die voorreg gehad om die vertoning van Baxu and the Giants by DHPS by te woon. Dit was ongelooflik bemoedigend om die passie en belangstelling te ervaar wat Namibiërs vir renosterbewaring het,” het Andrew Malherbe, SRT se hoofbedryfsbestuurder, gesê.

“Hierdie diere is deel van ons nasionale erfenis. Baie dankie vir jul vrygewigheid om al die opbrengste aan die SRT te skenk. Ons werk by die SRT is 100% afhanklik van skenkers.”

T-hemde van Baxu and the Giants gaan binnekort by die drie organisasies beskikbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!