Renosterstropers’ bly in aanhouding
Volgens die wildmisdaadverslag is 13 verdagtes verlede week in hegtenis geneem en sewe nuwe sake aanhangig gemaak.
Francoise Steynberg - Vier vermeende renosterstropers bly in aanhouding nadat hulle glo ’n witrenosterbul gestroop en ’n witrenosterkoei in die Grootfontein-distrik gekwes het.
Mnr. Dave Uatenguainja Ngumbi (35) van Opuwo en die 40-jarige mnr. Ngange Hengua Kaipi van Windhoek is verlede Woensdag in hegtenis geneem en twee Grootfonteiners, mnre. Alfred Katupao Rukee (49) en Lucas Katupao Hidinwa (38), is verlede Vrydag by Grootfontein vasgetrek.
Volgens die wildmisdaadverslag het die renosterstropery vermoedelik tussen 22 Julie en 15 Augustus op ’n plaas in die Grootfontein-distrik in die Otjozondjupastreek plaasgevind.
Die beskuldigdes het glo die horings van die renoster verwyder en dit probeer verkoop.
Beslag is op ’n silwer Nissan Qashqai met die registrasiemerk N 8284 G gelê.
Die viertal het Maandag in die Grootfontein-landdroshof op vyf klagte verskyn, naamlik die onwettige jag van ’n renoster, die verwydering van die horings van die renoster, die handel in renosterhorings, sameswering om ’n renoster te stroop, asook op die oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca).
Tydens die hofverrigtinge het al vier aangedui dat hulle hulself gaan verdedig.
Die saak is tot 24 November vir verdere polisieondersoek uitgestel.
GROOT VONDS OP RUNDU
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 17 tot 23 Augustus van die Namibiese polisie en ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam 13 verdagtes in hegtenis geneem en sewe nuwe sake aanhangig gemaak.
Beslag is op verskeie wildprodukte gelê met 89 ietermagôskubbe wat verlede Dinsdag glo in die besit van mnr. Asser Kaundu Hausiku op Rundu gevind is.
’n Duikerkarkas is ook verlede Dinsdag op Rundu by mnr. Tcice Gcaghu gevind.
Beslag is verlede Donderdag op Rundu op twee luiperdvelle gelê wat na bewering in die besit van mnr. Willem Sindimba gevind is.
Op Katima Mulilo is twee Zambiërs, mnre. Mwiya Lubonaa en Mubita Nakweti, en die Angolese burger, mnr. Feley Lister Mateu, verlede Dinsdag glo met ’n vlakvarkkarkas en die vel en maanhaar van ’n sebra vasgetrek. Hulle word ook op die oortreding van die immigrasiewet aangekla.
Nóg ’n Angolees, mnr. Mubita Nakweti, en ’n Namibiër, mnr. Moses Sakaria, is glo met twee likkewane verlede Dinsdag op Omuthiya in hegtenis geneem.
In die hoofstad is mnr. Joseph Erasmus glo met ‘n gemsbokkarkas vasgetrek.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie