Renosterstropery: Drie bly in aanhouding
Renosterstropery: Drie bly in aanhouding

Renosterstropery: Drie bly in aanhouding

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Drie Namibiese mans wat glo ‘n renoster in die Etosha Nasionale Park wou stroop, bly in aanhouding nadat hulle vandag in die Outjo-landdroshof op vyf klagte verskyn het.


Mnre. Pentecostal Ruhozu, Marcus Marcus en Epson Kahuure het op klagte van die onwettige jag en sameswering van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild (’n renoster) verskyn, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, dwarsboming van die gereg en die onwettige besit van dwelms.

Hulle is Donderdag tussen Kamanjab en die plaas Marinhohe deur die eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) van Kamanjab vasgetrek, het die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk gesê.

“Na bewering is die beskuldigdes afgelaai om ’n renoster in die Etosha Nasionale Park te stroop. Die polisie het ’n wenk ontvang en het vinnig daarop gereageer,” lui die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie.

“Die drie is met ’n .458-geweer en 11 patrone van dieselfde kaliber in hul besit in hegtenis geneem. Nadat die polisie hulle verder deursoek het, is dagga ook by hulle gevind.”

Die beskuldigdes se saak is tot 26 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel, asook vir hulle om regshulp te bekom.

-[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!