• Tuisblad
  • Weer
  • Reënseisoen moontlik normaal tot ­bo-normaal
Reu00ebnseisoen moontlik normaal tot u00adbo-normaal
Reu00ebnseisoen moontlik normaal tot u00adbo-normaal

Reënseisoen moontlik normaal tot ­bo-normaal

Plaaslike weerkenners meen tussen Oktober en Desember kan bo-normale reënneerslae selfs in dele van die Otjozondjupa- en Kunenestreek voorkom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namibië kan oor die algemeen normale tot bo-normale reën tydens die komende seisoen verwag, volgens 'n seisoenale vooruitskouing wat Maandag deur die Na­mibië Meteorologiese Diens aan die media uitgereik is.

Die meteorologiese diens is 'n afdeling binne die ministerie van werke en vervoer.

“In die tydperk tussen Oktober, November en Desember behoort groot dele van die land normale tot bo-normale reënneerslae te ontvang, met uitsondering van gebiede soos die suidweste, waar normale tot ondernormale reën mag voorkom.

“Bo-normale reënneerslae is 'n waarskynlikheid in dele van die Otjozondjupa- en Kunenestreek in dié tydperk,” lui die vooruitskouing.

Die meteorologiese diens sê normale tot bo-normale reën kan ook vanaf Januarie tot in Maart 2021 oor die grootste dele van die land verwag word, met enkele kolle van normale tot ondernormale reën wat veral in die sentrale westelike dele van die land verwag word.

Statistiese en dinamiese klimaatmodelle is ingespan om die waar­skynlikheid op bo-normale, normale en ondernormale reën in die onder­skeie gebiede oor die tydperk tussen Oktober en Desember en Januarie tot Maart vas te stel.

“Ondernormale reën word defi­nieer as neerslae wat vergelyk met die droogste derde van reënrekords wat oor 30 jaar aangeteken is (1961 tot 1990, 1971 tot 2000 en 1981 tot 2010). Bo-normale reën word definieer as neerslae wat vergelyk met die natste derde van dieselfde reënrekords. Normaal val binne die middelste derde, wat rondom die klimatologiese gemiddeld gesentreer is,” word in die vooruitskouing verduidelik.


ENSO-TOESTANDE

Die diens sê neutrale El Niño- Suidelike Ossillasie (Enso) toestande is oor die ekwatoriale Stille Oseaan waargeneem.

“Sedert Mei 2020 was die see se oppervlaktemperature in die sentrale en oostelike ekwatoriale Stille Oseaan naby tot ondernormaal.

“Ook, projeksies van die Globale Voorspellingsentrum (GPC) dui op die ontwikkeling van swak La Niña-toestande, met 'n 60% kans hierop vir tussen September en November 2020.”

Die meteorologiese diens sê La Niña-toestande word met verbeterde reënvooruitsigte in Namibië vereenselwig.

Verder sê die diens die Indiese ­Oseaan-dipool (IOD) het ook in ­Augustus die drumpel van -0,4 °C verbygesteek, “maar daar word voorspel dat dit binne neutrale vlakke tot die einde van Januarie sal bly,” sê die vooruit­skouing.

Die meteorologiese diens verduidelik dat die IOD, tesame met die oostewinde wat daarmee vereenselwig word, voordelig vir verbeterde reënneerslae oor Namibië is.



ANDER KENNERS

Bogenoemde vooruitskouing verskil in sommige opsigte van dié van ander weerkenners.

Mnr. Johan van den Berg, 'n konsultant-landbouweerkundige by Santam Suid-Afrika meen reëntoestande vir Namibië sal eers drasties “vanaf omtrent November” verbeter voor dit 'n “piek tussen Januarie en Maart 2021 bereik”.

Hy het in 'n vooruitskouing op 3 September gesê kort- tot mediumtermynvooruitsigte vir reën in Namibië lyk nog nie positief nie. “Altans nie voor die einde van Oktober nie,” meen hy.

Hy stem saam dat goeie vooruitsigte vir die ontwikkeling van La Niña-toestande tesame met 'n negatiewe IOD-indeks bestaan.

“Beide dié El Niño- Suidelike Ossillasieklimaatspatroon (Enso), asook die negatiewe IOD sal waarskynlik gunstige reëntoestande vir middel tot láát somer vir die 2020-'21-reënseisoen beteken,” het hy gesê.

“Die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), wat 'n maatstaf is van die verband tussen seeoppervlaktemperature in die Nino-gebiede en oorhoofse weerstelsels, verkeer nou in 'n konsekwente positiewe fase.

“Dit is merkwaardig vir hierdie tyd van die jaar, omdat dit 'n sterk aanduiding vir die ontwikkeling van La Niña-toestande is wat op oorhoofse weerstelsels reageer,” sê hy.



IOD REEDS NEGATIEF

Die Australiese Buro vir Meteorologie verskil egter hiervan en het in 'n uitkykstatus op 1 September gesê die IOD-indeks was toe reeds vir drie agtereenvolgende weke lank negatief. Die buro het gesê dit sal amptelik as 'n negatiewe IOD-gebeurtenis beskou word, indien dié tendens vir agt weke lank kan voortduur.

Die buro verwag dat La Niña-toestande reeds tydens die lente sal vorm. Die Australiërs het gesê die kanse dat 'n La Niña nog vanjaar sal vorm, is tans 70% – sowat drie maal die gemiddelde waarskynlikheid.

Dit volg nadat die oppervlak van die Stille Oseaan onlangs nog meer ­afgekoel het, terwyl veranderinge in tropiese weerpatrone en weermodelle 'n voortgesette afkoeling voorspel, meen die Australiërs.

Dit volg nadat die buro reeds op 18 Augustus sy Enso-uitkykstatus amptelik van 'n La Niña-wag na 'n La Niña-waarskuwing verander het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.95 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!