Reu00ebnseisoen stu00e9u00e9ds ondergemiddeld
Reu00ebnseisoen stu00e9u00e9ds ondergemiddeld

Reënseisoen stééds ondergemiddeld

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die welkome reën wat sedert die begin van Januarie geval het, het nog nie ‘n sterk positiewe invloed op die huidige reënseisoen gehad nie.

Inteendeel, die grootste dele van die land het tot dusver ‘n ondergemiddelde of ietwat ondergemiddelde seisoen gehad - aldus ‘n verslag wat Vrydag deur die ministerie van werke en vervoer se afdeling vir meteorologiese dienste uitgereik is.

Volgens die verslag het bonormale reëns gedurende Januarie in sekere dele in die ||Kharas-, Oshana-, Okavango- en Otjozondjupastreek voorgekom, maar groter dele van die land het ondernormale reën tussen Oktober verlede jaar en Januarie aangeteken.

Die suidelike en sentrale dele van die land het min tot geen reën vanaf die tweede week in Januarie ontvang.

Terselfdertyd, sê die ministerie, het daar in Januarie swaar reënbuie binne 24 uur op plekke soos Kahenge (90 mm), Koës (84 mm), Katima Mulilo (63,8 mm), Mukwe (63 mm) en Ncamagoros (59 mm) voorgekom.

Gemiddelde reëns het op plekke soos die suidelike en sentrale dele van die Otjozondjupastreek, die oostelike Zambezi-, oostelike Kavango-, Ohangwena-, Oshikoto-, suidelike Oshona- en oostelike Omusatistreek voorgekom.

Die grafiek toon reënneerslae tussen Oktober 2019 en Januarie 2020, uitgedruk as ‘n persentasie (%) van normale reënsyfers.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!