Rentekoers: Druppel aan die emmer, maar darem!
Die verlaging sal alle sektore van die ekonomie oor die volgende paar maande ’n hupstoot gee.
Hanlie Stadler – Die rand, banke, ekonome en die eiendomsbedryf jubel saam met skuldbelaaide verbruikers oor die onverwagse verlaging in die rentekoers – al is dit met ’n skamele 0,25 van ’n persentasiepunt.
Die Reserwebank se besluit beteken banke se prima uitleenkoers is vir die eerste keer sedert November 2015 onder 10%, op 9,75%.
Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, verwelkom die laer rentekoers.
“Hoewel dit ’n klein stap in die groter prentjie van probleme in die Suid-Afrikaanse ekonomie is, kan dit help om sake- en verbruikersvertroue op hierdie tydstip te ondersteun.
“In die lig van die huidige druk op die ekonomie, is die sielkundige impak van ’n matige rentekoersverlaging op die oomblik groter as die werklike ekonomiese uitwerking. Maar dis nietemin positief.”
Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, sê die verlaging, hoewel klein, sal alle sektore van die ekonomie oor die volgende paar maande ’n hupstoot gee. Hy maan egter dat dringende ingryping nodig is om “betroubare kragvoorsiening” te verseker omdat dit die ekonomie lamlê.
Mike Greeff, uitvoerende hoof van Greeff Christie’s International Real Estate, sê dis ’n welkome inspuiting vir die huismark, aangesien banke dalk nou meer toegeeflik sal wees wanneer mense vir ’n huisverband aansoek doen. Dit is dus ’n goeie tyd om die huismark te betree.
Vir mense wat reeds eiendom besit, moedig Greeff aan om die geleentheid te gebruik om hul huisverband vinniger af te betaal deur hul paaiement onveranderd te hou indien moontlik.
Celliers pleit ook by verbruikers om nie danksy die laer rentekoers nog baie skuld te maak nie.
Die rand het met byna 10c teenoor die dollar versterk die oomblik toe Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, die verlaging aangekondig het. Dit het van R14,44 tot R14,35 teenoor die dollar versterk.
Die stap was ’n reuse-verrassing, met sewe uit die tien ekonome wat aan ’n Netwerk24-peiling deelgeneem het wat geen verandering voorspel het nie.
Nog ’n verrassing was dat die sentrale bank se projeksiemodel nóg twee verlagings vir 2020 voorspel – een in die eerste kwartaal (dus in Maart) en een in die vierde kwartaal (September of November). Dié voorspellings word gewysig aan die hand van nuwe data, het Kganyago egter gewaarsku.
Al vyf lede van die monetêrebeleidskomitee was ten gunste van die verlaging.
Wat ekonomiese groei betref, beskou Parsons die Reserwebank se verwagte groeikoerse as ietwat optimisties, veral teenoor die Wêreldbank se verwagte 0,6% vir 2020 – die helfte wat die Reserwebank voorspel.
Vir 2019 verwag die Reserwebank nou slegs 0,4% (in November is 0,5% verwag), vir 2020 1,2% (vanaf 1,4%) en in 2021 1,6% (vanaf 1,7%). Vir 2022 voorspel die Reserwebank 1,9%.
Kganyago sê druk op kragvoorsiening sal groei op kort termyn demp.
Parsons beaam die Reserwebank se standpunt dat monetêre beleid alleen nie die ekonomie kan omkeer nie, “maar eerder die dringende versnelling en uitvoering van die pro-groei-hervormingsplanne waartoe Suid-Afrika hom verbind het”.
Kganyago het Donderdag – soos nou al gebruiklik is – gewaarsku dat strukturele probleme die ekonomie kniehalter en hervorming dringend gedoen moet word.
Parsons sê pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede en Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede, albei in Februarie, “hou die beleidsleutels tot ’n waterskeidingsjaar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie”. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie