Rentekoers gaan daal, maar nie by diu00e9 bank
Rentekoers gaan daal, maar nie by diu00e9 bank

Rentekoers gaan daal, maar nie by dié bank

Hanlie Stadler – Terwyl die meerderheid verbruikers skuld het en tog te dankbaar is dat die rentekoers na alle waarskynlikheid vanmiddag verlaag gaan word, is daar ander met spaargeld in die bank wat minder rente verdien sodra dit gebeur.

Een van die land se nuwe digitale banke, TymeBank, het Donderdagoggend die ongewone stap aangekondig dat hy nié sy rentekoers sal verlaag nie – selfs al verlaag die Reserwebank later Donderdag sy amptelike uitleenkoers aan banke (die repokoers).

TymeBank se maksimum rentekoers op spaargeld sal onveranderd op 10% bly.

Die bank gooi die aankondiging oor die boeg van die Covid-19-pandemie: “In dié onsekere tye is net een ding regtig seker, en dis dat elke maatskappy en sy hond jou wil vertel wat hulle in die lig van die korona-krisis doen.

“Maar te midde van goedige wense, terneerdrukkende opskrifte en diepgaande onsekerheid, bring ons regtig, regtig goeie nuus.”

TymeBank staan nie lenings toe nie en lok veral Pick n Pay-klante met Smartshopper-lojaliteitskaarte met die belofte van ekstra punte as hulle ook kliënte van die bank is. Die bank het ’n spaarfunksie bekend as GoalSave waardeur mense 10% rente verdien op geld wat in ’n sogenaamde GoalSave-“pocket” geplaas word.

FNB het ’n soortgelyke Savings Pocket op bankrekeninge, maar die rente daarop is maar gering – van 1,4% tot 2,75% na gelang van die bedrag wat daarin gespaar word.

Greg Illgner, TymeBank se strategiehoof, sê dit staan banke vry om nie die rentekoers op deposito’s te verlaag nie, maar vir TymeBank is een van hul kernwaardes juis om mense meer beheer oor hul geld te gee. “In sulke onsekere tye, wanneer so min in enigeen se beheer is, wou ons ons kliënte soveel gemoedsrus as moontlik gee – wetend dat hulle steeds konsekwent die beste rentekoers op hul spaargeld sal verdien vir minstens die volgende drie maande.”

TymeBank het middel 2019 geopen en het reeds meer as 1,5 miljoen kliënte.

Ongelukkig verdien nie alle TymeBank-kliënte 10% rente nie. Dit begin by 6%, styg ná 30 dae tot 7% en ná 90 dae tot 9%. Slegs kliënte wat bereid is om tien dae kennis te gee op hul geld, sal 10% rente verdien. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!