Rentekoers: ‘Gee ons ’n dubbele espresso!’
Dis beter as niks, maar nie genoeg om jou die hupstoot te gee wat jy nodig het nie, sê ’n fondsbestuurder.
Hanlie Stadler – ’n Rentekoersverlaging van selfs ’n halwe persentasiepunt sal wees “soos ’n koppie louwarm koffie in die oggend”.
“Dis beter as niks, maar nie genoeg om jou die hupstoot te gee wat jy nodig het nie. Ons sou baie graag ’n dubbele espresso van twee persentasiepunte wou sien,” sê Nolan Wapenaar, fondsbestuurder by Anchor Capital.
Dis een van die mees drastiese verlagings in die rentekoers wat deur ontleders bepleit word kort voordat Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, Donderdag kort ná 15:00 die bank se rentekoersbesluit aankondig.
Woensdag het Matthew Parks van die vakverbond Cosatu gepleit vir ’n koersverlaging van een persentasiepunt.
Die meeste ekonome verwag dat die Reserwebank die rentekoers wel sal verlaag, vir die tweede keer vanjaar nadat dit in Januarie met 0,25 van ’n persentasiepunt verlaag is.
Dis deels omdat inflasie in bedwang bly en in die lig van die vryval in oliepryse selfs verder kan daal, en deels omdat Suid-Afrika in ’n resessie gewikkel is.
Tot dusver was die meeste ontleders huiwerig om meer as 0,25 of 0,5 van ’n persentasiepunt te voorspel omdat Moody’s Investors Service volgende week oor Suid-Afrika se kredietgradering besluit en die Reserwebank bekommerd is oor die impak daarvan op inflasie.
Met die rand wat Donderdag by R17,56 teenoor die dollar gaan draai het te midde van wêreldwye paniek oor die Covid-19-pandemie, lyk dit onwaarskynlik of Moody’s die belangrikste beweegrede vir die sentrale bank gaan wees.
Openlike pleidooie vir laer rentekoerse word selde gedoen, selfs deur Cosatu, sedert pres. Cyril Ramaphosa hom in verlede jaar se staatsrede onomwonde uitgespreek het oor die onafhanklikheid van die Reserwebank.
Maar enorme kommer het die afgelope paar dae opgevlam oor die ekonomiese impak van die drastiese maatreëls om Covid-19 in Suid-Afrika te bekamp – soos die sluiting van kroeë om 18:00 en die verbod op sosiale byeenkomste waar meer as 100 mense byeenkom.
Wapenaar sê Covid-19 het ongeëwenaarde optrede aan die kant van regerings wêreldwyd tot gevolg gehad. Met ’n wêreldwye resessie, en selfs depressie, wat dreig, is groot rentekoersverlagings en hulppakkette aan verbruikers en ondernemings aangekondig.
Wapenaar sê termynmarkte maak voorsiening vir ’n besnoeiing van 0,5 van ’n persentasiepunt en enigiets minder as dit, sal die markontwrigting in Suid-Afrika vererger, “soos om uit die bed uit op te staan sonder enige koffie”.
Wapenaar bepleit ook ander maatreëls as die rentekoers. In ander lande het die sentrale banke onder meer effekte-aankope aangekondig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie