Rentekoers-spook, olie kelder aandelepryse

Amerikaanse markte het reeds ’n rentekoersverhoging verdiskonteer wanneer die Federale Reserweraad (Fed) Dinsdag en Woensdag onder voorsitterskap van Janet Yellen vergader.
Estelle de Bruyn
Chris Harmse

Die Federale Reserweraad (Fed) het die Amerikaanse bankkoers reeds twee keer sedert die begin van die jaar verhoog. Nog twee tot drie verhogings in die res van die jaar word ook in die vooruitsig gestel.

Die bekendmaking verlede Vrydag dat die werkloosheidskoers in Amerika in Februarie tot 4,7% gedaal het; 235 000 nuwe werksgeleenthede net in Februarie geskep is; en die belangrikste dat die gemiddelde loon per uur gestyg het met 6 Amerikaanse sent, was die spreekwoordelike vet op die vuur vir hoër Amerikaanse rentekoerse.

Dié data, tesame met ’n sterker dollar en die verklaring dat Amerika se oliereserwes ook ’n rekordvlak bereik het, was plaaslik slegte nuus vir kommoditeitspryse en hulpbronaandele.

Die daling in die Brent-ruolieprys tot onder $50 per vat in Amerika verlede Woensdag het veral bygedra dat die pryse vir goud en platinum daal.

Die gevolg was dat die aandelepryse van hulpbronne op die JSE sterk teruggesak het. Die hulpbronindeks het Vrydagmiddag op die JSE 5,5% laer gesluit as die vorige Vrydag.

Dit het daartoe bygedra dat die indeks vir alle aandele ook die week met 0,8%, of 439 punte, teruggesak het. Dié indeks is nou slegs 1,2% hoër as aan die begin van die jaar en is reeds 0,5% laer as ’n jaar gelede.

Die nywerheidsindeks het egter met 0,8% gestyg terwyl die finansiële indeks met 0,1% gedaal het.

Die eiendomsindeks het met 0,2% gestyg - steeds 2,2% hoër as aan die begin van die jaar.

Verrassend genoeg het die R186-staatseffek se koers verlede week met vier basispunte tot 8,69% (0,5%) gedaal.

Die randwisselkoers het verbasend sterk vertoon. Nadat dié geldeenheid in ’n stadium Donderdag op R13,30/$ verhandel het teenoor vlakke van R12,95/$ vroeër die week, het dit weer laat Vrydagmiddag sterk verbeter en Vrydagaand in New York op R13,14/$ gesluit.

Teenoor die euro verhandel die rand teen R14,06 en teenoor die pond op R15,99.

Die laer olieprys dra steeds daartoe by dat die prys van petrol tans met ongeveer 44 sent per liter oorverhaal word. Dit beteken dat as die olieprys en die rand/dollar-wisselkoers hul huidige vlakke kan handhaaf, kan die verbruiker steeds 13 sent per liter minder betaal as die dag van die aankondiging deur die minister van finansies dat die totale brandstofheffing met 39 sent per liter op 5 April styg.

* Dr. Chris Harmse is hoofekonoom van Rebalance Fondsbestuurders.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!