Rentekoers: Wat gaan die BoN môre doen?
Jo-Maré Duddy - Die Bank of Namibia (BoN) gaan môre nie die wiel aan die rol sit om prima-uitleenkoerse in die land te verhoog nie, toon ‘n meningspeiling van Republikein.
Ontleders van vier instellings wat gekontak is – FNB Namibia, IJG Securities, PSG Namibia en Namibia Equity Brokers – is almal oortuig die sentrale bank gaan sy repokoers onveranderd op 7% laat. Dit beteken die prima-uitleenkoers van handelsbanke sal op 10,75% bly.
“Daar is tans baie druk deur die finansiële sektor vir die BoN om koerse te lig. Die koerse in die mark vir staatseffekte dui daarop dat rentekoerse hoër moet wees. Die BoN is egter bekommerd oor die druk wat dit op die wyer ekonomie kan plaas as rentekoerse verder styg. Die laaste kredietsyfers toon wel dat skulduitreiking steeds stadiger groei, so die vorige rentekoersverhogings het die gewenste uitwerking gehad,” sê Eloise du Plessis, ontleder en ekwiteitstrateeg van PSG Namibia.
“Ek gaan dus ‘n versigtige ‘onveranderd’ voorspel, maar ons verwag steeds die rentekoers gaan in 2017 wel nog met 25 basispunte styg,” sê sy.
Namene Kalili, navorsingshoof van FNB Namibia, sê die kans dat die repokoers vandag onveranderd bly, is 46%. Die kans vir ‘n styging van 25 basispunte is 17,5%.
Daar is ‘n sterk moontlikheid dat rentekoerse in die tweede helfte van vanjaar met 25 basispunte verlaag sal word, meen Kalili. As rede voer hy die kleiner tekort op die lopende rekening (danksy Sacu-invloei) aan, asook ‘n verlangsaming in die vraag na invoere en nuwe voertuigverkope wat kwaai rem aangeslaan het. Namibië se buitelandse reserwes behoort dus te versterk, wat ‘n akkommoderende monetêre beleid tot gevolg behoort te hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie