Rentekoersdalings – remme of snelrat?
Versigtige optimisme die wagwoord
Dr. Kobus Laubscher - Die jongste verandering aan die Suid-Afrikaanse repokoers se aanloop was redelik verskillend in terme van voorspelling en verwagte impak voor die aankondiging.
Verstadigde groei en ‘n ekonomie wat sukkel met pap vraag te midde van dalende inflasie, was van die redes hoekom verlaagde rente dalk die regte medisyne was.
Landbou-ekonome verwys daarna as ‘n asemskepgeleentheid, terwyl die meeste ekonome van mening is dat die verlaging ten beste ‘n pleister op stukkende plekke kan wees.
Inligting vanuit die geledere van kommersiële banke dui daarop dat laer rentekoerse die verbruiker sal help, veral tot die mate wat daar reeds genoeg bewyse is dat selfs mediumtermynskuld oor langer tydperke terugbetaal word. Die verbruiker gaan steeds gebuk onder onbekostigbare skuldvlakke en in die geval van lenings op motoraankope, word die terugbetalingstermyn gerek tot die maksimum.
Sulke skuld word duurder, maar met die laer rente is druk op kontantvloei minder. Dié laer uitvloei van kontant word vervolgens nie aangewend op verhoogde verbruiksbesteding nie, maar stop ander gate toe.
Inflasie
Die verminderde produksiekoste-inflasie met 1% van die afgelope maand, voorspel dalk verligting en verbruikers kan dalk uitsien na meer goedere in hul trollie as laer produksiekoste deurwerk tot laer verbruikersinflasie.
Laer produksie-inflasie is veral toe te skryf aan die groter volume grane wat beskikbaar is as gevolg van die grootste mielieoes in die geskiedenis. Die volume mielies wat beskikbaar is, is 33% meer as ‘n jaar gelede en swakker as verwagte uitvoere van witmielies as gevolg van swakker internasionale vraag, kan verdere afwaartse druk op stapelvoedselpryse hê.
Die verwagte oordragvoorraad kan aansienlik wees, met die gevolg dat pryse onder druk gaan bly. In die geval van soja is die prentjie vanuit ‘n kopersoogpunt ook baie rooskleurig en die totale voorraad is 30% meer as verlede jaar. Die vraag na soja kan tot 20% vanjaar styg vergeleke met die vorige seisoen.
Die vraag na lewende hawe weerspieël steeds die impak van die droogtes van die afgelope jare. Die produksiekoste-inflasie van vleis – dit is op die vlak van verwerking – was ‘n hoë 17% en dit is net redelik om te verwag dat verbruikers binnekort gaan bars, tensy hulle hul vleistande trek.
Seisoenale bemarking kan druk op pryse verlig, maar daar word nie voorsien dat pryse gou kan stabiliseer nie. Dit is goeie nuus vir veral speenkalfprodusente, want waardetoevoeging by wyse van afronding in voerkrale met die lae mielieprys, is die aangewese.
‘n Mens kan egter wonder oor die volhoubaarheid van té hoë verbruikerspryse. Dit sou onvanpas wees om beplanning slegs te baseer op afgeleides van huidige prysvlakke.
Versigtigheid
In die Suid-Afrikaanse graanbedryf, veral wat toekomstige mielieproduksie betref, is versigtigheid van die uiterste belang.
Groot oordragvoorrade sal pryse onvolhoubaar laag hou en boere gevange hou as gevolg van die bekende kosteknyptang. Insetpryse is en was nog nooit onderworpe aan surplusproduksie nie, behalwe in die geval van energie met die huidige prysvlakke van olie.
Ongelukkig verteer ‘n swak geldeenheid baie keer dié voordele. Somergraanprodusente het moeilike keuses om te maak, maar om meer te produseer om lae pryse te troef, sal nie werk nie.
Hierdie seisoen se verwagte aanbod van 16,5 miljoen ton is 120% meer as verlede jaar, maar teen ‘n gemiddelde prys per ton van R1 800 (60% laer), daal die bruto inkomste van die bedryf met 12%. Dié oneweredigheid word nie reggetrek deur nóg meer mielies te plant nie.
Wat produksievooruitsigte betref, bly landbou weer afhanklik. Alhoewel daar vroeë aanduidings is van weerpatrone wat normaliseer, is harmonie met wat die plaas kan bied, noodsaaklik as dit kom by produksie en veral bemarkingsbesluite.
Elke boer moet sy eie situasie in oënskou neem en begrotings behoort verskillende scenario’s te ontleed. Versigtige optimisme moet die wagwoord te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie