Reparasie gaan nie oor geld, sê Duitsland se Polenz
Catherine Sasman - Die nasate van slagoffers van die 1904 tot 1908 volksmoord kan nie enige verwagtinge koester dat groot bedrae geld aan hulle in reparasie uitbetaal sal word nie.
Die Duitse spesiale gesant vir die reparasie-dialoog tussen die twee lande, mnr. Ruprecht Polenz, het Woensdag gedurende sy drie dae lange besoek aan Namibië gesê die onderhandelinge word nie “in 'n monetêre lig” beskou nie en dat voorstelle vir verskeie projekte en programme reeds voorgelê is.
Mnr. Christiaan Schlaga, die Duitse ambassadeur in Namibië, het die stelling ondersteun en benadruk die idee dat geld gaan instroom, is misleidend.
“Projekte en programme kos geld, maar daar sal nie ’n enkelbedrag oorgedra word nie,” het Schlaga gesê.
Polenz het Maandag in die land aangekom vir samesprekinge met sy Namibiese eweknie, dr. Zed Ngavirue, sowel as met die geraakte Nama- en Herero-gemeenskappe.
Met sy besoek aan pres. Hage Geingob het hy ’n brief van die Duitse federale president, mnr. Joachim Gauck, oorhandig.
Hy het gesê Gauck stel “intens belang” in die onderhandelinge wat hy hoop goeie resultate gaan lewer en is bereid om op enige manier ’n bydrae te maak. Geingob mag die brief deur diplomatieke kanale beantwoord.
Polenz het op sy beurt ’n amptelike dokument van Ngavirue ontvang, wat die Duitse regering nog moet bestudeer.
Hy het die eerste dag met die Nama-hoofman, mnr. Dawid Fredericks, en sy twee seuns, Ruben en Dawid, op Shark-eiland vergader. Hy het ook met die Witbooi-gemeenskap, en veral hoofman Salomon Witbooi, op Gibeon gesels.
Polenz het gesê gedurende sy gesprek met die Herero-gemeenskap het opperhoofman adv. Vekuii Rukoro aangedring dat die Duitse regering met hom die vergoedingsonderhandelinge voer - met moontlike fasilitering deur die Namibiese regering.
“Duitsland kan nie aan hierdie versoek voldoen nie. Die onderhandelingsraamwerk wat deur die Namibiese regering geskep is, is voldoende. Omdat daar projekte en programme ter sprake is, moet ons met die regering onderhandel. Ons wil ’n resultaat hê wat vir almal aanvaarbaar is,” het Polenz gesê.
Oor die Nama- en Herero-versoeke om direk aan die onderhandelinge deel te neem, het Polenz gesê hy is bewus dat die Namibiese regering ’n inklusiewe proses wil hê en dit van die Namibiese regering afhang.
Hoewel daar nie ’n sperdatum vir die afhandeling van die onderhandelinge is nie, hoop Duitsland om dit teen die einde van die jaar te voltrek, voor die verkiesings volgende jaar in dié land.
“Ons is die mense wat om vergifnis smeek. Ons kan nie die proses aanjaag en onsself dan verskoon nie,” het Polenz gesê.
Die volgende ronde van onderhandelinge in September sal fokus op die inhoud en verwoording van die ooreenkoms, wat vertroulik gehou sal word tot die finalisering daarvan.
Deel van die ooreenkoms sal ’n amptelike verskoning aan die betrokke gemeenskappe insluit, het Polenz gesê.
Dit sal ook ’n politieke verklaring met ’n konsepdokument insluit aangesien die saak ’n politieke en morele kwessie is en om ’n “beter, gesamentlike toekoms” te bewerkstellig, het Polenz gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie