Reparasies: Duitsland steun op internasionale reg
Reparasies: Duitsland steun op internasionale reg

Reparasies: Duitsland steun op internasionale reg

Duitsland het gereageer op berigte oor die hofsaak wat die Namas en die Herero’s teen die land aanhangig gemaak het.
Die Duitse regering het die bediening van regsdokumente verwerp wat met eise vir reparasies deur Nama- en Herero-sprekende Namibiërs oor die 1904-’08-volksmoord verband hou.

In ‘n verklaring wys die Duitse ambassade daarop sy regering het kennis geneem van die regsaksie teen Duitsland wat sommige lede van die Herero- en Nama-gemeenskappe in ‘n distrikshof in New York, Amerika, aanhangig gemaak het.

“Toe pogings tot die bediening (van regsdokumente) op 15 November 2017 aangewend is, het die Federale Republiek van Duitsland dit via die Amerikaanse departement van buitelandse sake en die Amerikaanse ambassade in Berlyn verwerp. Die rede is dat die klag teen ‘n soewereine staat die beginsel van ‘n staat se immuniteit skend. Dit is ‘n sleutelbeginsel van openbare, internasionale reg. Volgens hierdie beginsel het plaaslike howe nie jurisdiksie oor die soewereine optrede van buitelandse state nie.

“In navolging van Amerikaanse wetgewing wat prosedure betref, het Duitsland die hof op skrif van sy regsposisie ingelig.

“Daarbenewens reageer Duitsland nie op enige hangende regsaksie teen die land nie. Dit is nou ook die geval,” lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!