Reparasies: Nog hoofmanne verwerp Duitsland se aanbod
Hoofman Manasse Zeraeua het skerp gereageer op die nuwe ooreenkoms tussen Duitsland en Namibië oor reparasies vir koloniale volksmoorde.
Katharina Moser – Gister het die Zeraeua- en die Maharero-koningshuise van die Ovaherero ook die nuwe ooreenkoms tussen Duitsland en Namibië oor reparasies vir koloniale volksmoorde verwerp.
Hoofman Manasse Zeraeua het skerp kritiek hieroor uitgespreek. Hy sê hulle het nie die geleentheid gehad om die konsepooreenkoms met die gemeenskappe te bespreek sodat hulle namens die stam terugvoering kon gee nie.
Nie net moet die betalings vir reparasies direk na die betrokke gemeenskappe gaan nie, maar is die bedrag ook volgens hom heeltemal te min. Aan die begin van die onderhandelinge is N$16 triljoen geëis. Die bedrag wat tans aangebied word, 'n beweerde N$18,6 miljard, sal oor 30 jaar bewillig word en tussen die streke versprei word.
Zeraeua eis dat dit duidelik gemaak moet word of die onderhandelinge oor reparasies met dié ooreenkoms afgesluit is en of daar nog onderhandelingsopsies beskikbaar is.
Verder moes meer geld oorweeg word vir die verligting van armoede, die oorlewendes van die slagoffers moes direk by die onderhandelinge betrek word, en ‘n konsep vir die Herero’s wat in diaspora woon, moet ontwikkel word.
Hy versoek dat die ondertekening van die ooreenkoms uitgestel word totdat daar aandag aan dié eise van die Herero’s gegee is.
– [email protected]
FOTO
Hoofman Manasse Zeraeua. Foto Katharina Moser

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie