Republikein se Pioneer Warriors slyp hul tande
Republikein se Pioneer Warriors slyp hul tande

Republikein se Pioneer Warriors slyp hul tande

#Festival
Andrew Poolman
Republikein, as die tradisionele vlagskip-koerant van Namibia Media Holdings (die inisiatiefnemer van die Hashtag Festival), sal later vanjaar sy 40ste bestaansjaar vier.

Veertig jaar van kleurvolle geskiedenis in Namibië het die koerant in staat gestel om nabetragting op die betekenisvolle gebeure in die jare van aanloop tot onafhanklikwording te doen. In die daaropvolgende 27 jaar van onafhanklikheid is ook gesien hoe 'n jong demokrasie toenemend sy vlerke gesprei het.

Dit behoort dus niemand te verbaas nie wanneer 'n publikasie, waar verstaan word waaroor groei en ontwikkeling gaan, so 'n ferm geloof het om die land se jeugdiges se opsies te bevorder. Dit gebeur deur die aanbieding van die eerste #Festival as 'n loopbaan-ekspo wat met sportaktiwiteite aangevul word.

Die loopbaanuitstalling is gerig op skoolverlaters wat nou vir geskikte studierigtings op die uitkyk is; studente wat dalk hul studies in 'n nuwe rigting wil stuur, of wat die arbeidsmark wil betree.

Sowat twee weke bly oor voordat die geleentheid van 7 tot 9 September by die SKW-sportterrein in Olympia aangebied word. Die eerste twee dae ('n Donderdag en Vrydag) word hoofsaaklik aan die loopbaan-ekspo bestee met stalletjies en voorleggings.

Toegang vir die eerste twee dae beloop N$60 en vir die Saterdag N$120 wanneer die groot sportuitdagings plaasvind. Die ernstige ondersteuners kan vir die verminderde pakket van N$150 al drie dae bywoon.

Omdat die Namibiese jeug die uiteindelike teikenmark is, sal alle kinders wat in skoolklere of hul skool se erkende sportdrag opdaag, kosteloos toegang kry.

Kinders wat op enige dag sonder hul skooluniform of skool se sportdrag opdaag, sal teen halfprys kan ingaan.

Vir die sportaktiwiteite sal Republikein die korporatiewe vennoot van die franchise Pioneer Warriors wees. Laasgenoemde is 'n samevoeging van HTS Windhoek as die koördinerende skool, saam met Academia Sekondêre Skool, Hage G. Geingob Hoërskool en Augustineum Sekondêre Skool.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!